song lyrics / Brendan Peyper / Ons Maak Saak Medley lyrics  | FRen Français

Ons Maak Saak Medley lyrics

Performers Brendan PeyperElandré SchwartzJuan BoucherRefentseChristia VisserLiezel PietersJuanita du Plessis

Ons Maak Saak Medley song lyrics by Brendan Peyper official

Ons Maak Saak Medley is a song in Afrikaans

Kyk nou weer 'n keer stap nou saam met my
Sing dan nou 'n lied 'n lied vir jou en my
Blind het ons gekyk die lewe gevrees
Soek jy na 'n toekoms wil jy ook daar wees?

Wenners wenners wenners
Wenners wil ons wees
Lewe jy met haat lewe jy met vrees?
Wenners wenners wenners
Wenners moet ons wees
Lewe vir 'n toekoms lewe om daar te wees

Ek weet waar om weg te kruip
Hoe om die mure om my te bou
Ek weet hoe om hierdie wreede wêreld
Aan die anderkant te hou

Te lank hier rond gedwaal
My woorde toe gesluit
Daar's ‘n beter pad vir my
Ek weet ek moet hier uit

Dis tyd
Dis tyd vir ‘n nuwe begin
Hier en nou
Sonder twyfel sonder huiwering

Genoeg is genoeg
Hierdie oorlog in my hart is verby
Dis verby
Dis nooit te laat nie daar's altyd kans vir ‘n weer begin
Ooh dis nooit te laat nie
Daar's altyd kans vir ‘n weer begin

Hier kom die Filisteine
Hulle kom weer vir ons jok
Praat van vry en veilig leef
En plaas ons in 'n hok

Verlos my van jou grendel
Verlos my van jou slot
Vry van alle grense
In gister se komplot

Ek gee vir my jou woorde
Ek belowe jou my hart
Ek gee jou my generasie
Liefde generasie

Ek gee jou my gedagtes
Ek belowe jou die lug
Ek gee jou my generasie
Liefde generasie

Jy vat dit jy gryp dit al gaan dit rof jy bring dit
Nie meer nie jy sal nie weg hardloop of gaan lê nie
Dit maak nie saak wat die vyand sê nie
Dit maak nie saak hoe die wind gaan lê nie

Jy soek dit jy voel dit daar's een soos jy jy weet dit
Jou passie jou drome daar's niks wat jou kan keer nie
Dit maak nie saak wat die vyand sê nie
Dit maak nie saak hoe die wind gaan lê nie

So sterk soos 'n leeu
Wat brul totdat die aarde dreun
Jy voel die wil die krag en jy weet daar's 'n plan jy moet veg sodat jy kan leef
Jy weet jy is so sterk soos 'n leeu

Kyk net op jy's nooit meer alleen
Vertrou en glo en weet jy's geseën staan jou man
Sonder vrees jy's nie bang om te leef
Jy weet jy is so sterk soos 'n leeu

So sterk soos 'n leeu

So sterk soos 'n leeu

Ja dis in ons bloed (Bloed)
Dis in ons bloed (Bloed)
Ja dis in ons bloed
Ja dis in ons bloed (Totdat die kranse antwoord gee)
Dis in ons bloed (Totdat die kranse antwoord gee)
Ja dis in ons bloed
Ja dis in ons bloed

As jy geglo het
Ek kan op water loop is jy reg want ek loop op geloof
En as jy geval het
Het jy gewonder waar was ek sou ek jou gevang het?

En as jy gedroom het
En jou drome stop in stilte moes jy net geglo het
Moes jy net geglo het

Ek het jou wakker gemaak vir 'n rede
Onder die water jou hand gelos
Ek het geskree ek mis die verlede
Onder die wolke is die tyd gemors
Seker te spyt om vir jou niks te sê nie
En die verwyt om nie alleen te lê nie
Was dit als verniet gewees?

Hoe onthou jy om lief te wees?
Hoe onthou jy om jonk onthou jy om lief te wees?
Hoe onthou jy om lief te wees?
Hoe onthou jy om jonk onthou jy om lief te wees?

Ons staan op die vlaktes met goud in ons hande
Die wonder van lewe lê stil in die mik van ons harte
Vernuwing vergader die wind breek die wolke
Die maan en die sterre trek golwe weer nader

Lank of kort breed of nou harde klippe kou
Deur die stof en die reën
Dit is dit geen berou kyk waar die lewe hou
Dis maak of breek

Van die grond tot na die hoogtepunt waar ons sonlig kry
Al die vrugte is nog ongepluk daar is meer vir my
En al lyk dit soms verlate
Ons groei so deur die krake
Ongeraak ja ons maak saak

Ons maak saak
Ons maak saak

Jy gaan my nie sê nie
Wat ek van my wil hê nie
Kyk mooi ons gaan nie lê nie
Soms skof eers ons mekaar nie

Jy't een lig in jou lewe
Soek en vind jou rede
Kyk hoe skop ons vere deur die deure

Sê jy's lus vir die lewe
Lus vir die lewe
Ongeraak
Ons maak saak
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Ons Maak Saak Medley lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the house
2| symbol to the left of the star
3| symbol at the bottom of the cross
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid