song lyrics / Brendan Peyper / Boere Bokkies Jag Medley lyrics  | FRen Français

Boere Bokkies Jag Medley lyrics

Performers Brendan PeyperRicus NelTheuns JordaanSnotkop

Boere Bokkies Jag Medley song lyrics by Brendan Peyper official

Boere Bokkies Jag Medley is a song in Afrikaans

Buitekant lê 'n tarentaal se veer, en ek wonder wat ek hieruit kan leer
Daar is baie myle tussen doen en sê, maar alles wat is, was al gewees
Om agter 'n glashuis se deur te staan en hoop niemand sien jou daar
'n Honderd en een besluite te neem maar alles bly ongedaan

Ek ruik die soet geur van muskus wat hang in die gang
En ek dink aan die pêrels op jou lyf
O ek ruik die soet geur van muskus wat hang in die gang
En ek dink aan die pêrels op jou lyf
Mmm en ek dink aan die pêrels op jou lyf

Ek dink vanaand aan elke oomblik saam met jou
Wat ek aan vashou
En hoe die wêreld sonder jou vir my te leeg raak
Jy's al wat sin maak, dit die moeite werd maak

So bly vanaand tot die ritme van jou hart en myne saam praat
Tot jou spore in die sand met myne een raak, ons drome vol maak
Dis al wat saak maak

By jou, by jou is die plek waar ek rus kry
Niemand anders as net jy sal in alles genoeg wees vir my
Niemand anders as net jy sal in als kan genoeg wees vir my

Die eerste keer toe ek my kry, stap jy woordeloos deur my verby
Jou ysblou oë kyk reg deur my
Die eerste keer toe ek jou sien weet ek ons is aanmekaar gebind
Tussen lyne sal jy my vind

Wanneer die oseane rus kry
Wanneer die storms weer gaan lê
Dan sleep die winde oor die water jou asem saam

En later, later, hoor ek weer jou naam
En later, later, weet ek jy verstaan
En later hoor ek weer jou naam

Ons hang almal aan Oom Frikkie se lippe soos hy vertel hoe hy gejag het in die goeie ou dae, a-ha
Hy was die man en die bokke't in 'n ry gestaan met hul stywe jeans en hulle lipstick aan a-ha a-ha
By die watergat sit hy en brag oor die bokkies wat hy vanaand weer plat gaan trek

Dan sê hy springbokkie, bokkie, bokkie spring vir my
Rooibokkie, bokkie sien jy kyk vir my, staan nader dat ek jou in my vesier kan kry
Gemsbokkie, bokkie jy's 'n wilde trofee, wildsbokkie, bokkie wil jy biltong gee, staan nader, ek kalibreer my geweer
Dit was die goei ou dae, boeta glo vir my, daar was net een bokkie wat oom Frikkie nie kon kry
Ons hang almal aan Oom Frikkie se lippe soos hy vertel hoe hy gejag het in die goeie ou dae

Hey Wilhelmina kan jou voete dans, ek onthou nog hoe jy met engele kon praat
Laat in die aand
Hey Wilhelmina is jou wêreld blou, ek onthou nog hoe ek alles kon blameer op jou
My grootste vout

Ek onthou nog hoe jy die komberse steel op 'n winter's nag, ja dit was te veel vir my
Vir my
Met jou koue voete langs my warm lyf, ons kon die huis se mure teen die dak uitdryf, net jy
Dis net jy

Maar koue voete maak warm liefde
Met jou koue lyfie hier langs my
Koue hande kweek warm liefde
Met jou koue lyfie hier langs my

Rebecca was my meisie met die sparkling eyes
Rebecca was my cherrie en nie altyd nice
Rebecca was mos lekker vet en rond
How I love Rebecca when the sun goes down

Sy't 'n lyfie soos 'n ryer en 'n nekkie soos 'n pole
'n Groot paar pote soos 'n wilde makou
Litterige tone soos 'n veld volstruis
Ongesonde lippe soos 'n skeerbek muis

Ek vra Rebecca van Jeppestown, ek sal met jou trou dan settle ons down
Ek kry Rebecca by 'n Liebenstein jol, vertel haar van my liefde en my wrecker ball

Sy't 'n lyfie soos 'n ryer en 'n nekkie soos 'n pole
'n Groot paar pote soos 'n wilde makou
Litterige tone soos 'n veld volstruis
Ongesonde lippe soos 'n skeerbek muis

Ek sê Rebecca van Jeppestown, ek sal met jou trou dan settle ons down
Ek kry Rebecca by 'n Liebenstein jol, vertel haar van my liefde en my hart so vol

O die bruid staan langs die bruidegom, die dominee vra sy vraag
Hul gee mekaar die regter hand en altwee antwoord ja
Die orrel blaas sy eerste noot en hy voel so benoud
Jou mamma begin al trane want ons is pas getroud

Ja ons is pas getroud, jou voete kielie myne
Pas getroud, skurwe voete myne
Pas getroud, die beste medisyne is lekker lepel lê
Ja ons is pas getroud, jou voete kielie myne
Pas getroud, stoute voete myne
Pas getroud, die beste medisyne is lekker lepel lê

Ja ons is pas getroud, jou voete kielie myne
Pas getroud, skurwe voete myne
Pas getroud, die beste medisyne is lekker lepel lê
Ons is pas getroud, jou voete kielie myne
Pas getroud, stoute voete myne
Pas getroud, die beste medisyne is lekker lepel lê
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Boere Bokkies Jag Medley lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the target
2| symbol to the left of the cloud
3| symbol to the left of the helmet
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid