song lyrics / Romanz / Soebat lyrics  | FRen Français

Soebat lyrics

Performer Romanz

Soebat song lyrics by Romanz official

Soebat is a song in Afrikaans

Dit voel vir my soos gister, ons ontmoeting was so soet
Alles het net sin gemaak, die gevoel was net te goed
Toe jou vingers myne aanraak, het 'n wêreld oopgemaak
En 'n ongekende harmonie my hart diep aangeraak

Maar iewers deur die jare het ons hande losgebreek
Die verweite en die hartseer lê nou vlak versteek

Ek sal soebat, ek sal wag
Ek sal probeer tot jy my keer
Want wat meer kan ek gee as net my liefde?

Ek sal soebat op my knieë
Maar nie smeek voor 'n toe deur
Saam met jou kan die lewe soveel meer inhou (Soveel meer inhou)

Jou oë kan als laat glinster, selfs die maan lyk effens vaal (Effens vaal)
Toe jy saam met my die sterre tel het ek in jou oë verdwaal
As ek jou net styf kon vashou kon die wêreld maar vergaan
En daar's niks van die verlede wat tussen ons kan staan

Maar was alles dan net tydelik soos 'n hoofstuk toe gemaak?
Soos 'n wind het die gejaagdheid ons vuurtjie stil gemaak

Ek sal soebat, ek sal wag
Ek sal probeer tot jy my keer
Want wat meer kan ek gee as net my liefde? (Gee as net my liefde)

Ek sal soebat op my knieë
Maar nie smeek voor 'n toe deur (Voor 'n toe deur)
Saam met jou kan die lewe soveel meer inhou (Soveel meer inhou)

Waar gaan liefde as dit skielik net ophou?
Die beloftes waaraan ek nog vashou?
En verder droom van jou

Ek sal soebat, ek sal wag
Ek sal probeer tot jy my keer
Want wat meer kan ek gee as net my liefde?

Ek sal soebat, ek sal wag
Ek sal probeer tot jy my keer (Ek sal probeer)
Want wat meer kan ek gee as net my liefde? (Gee as net my liefde)

Ek sal soebat op my knieë
Maar nie smeek voor 'n toe deur (Voor 'n toe deur)
Saam met jou kan die lewe soveel meer inhou (Soveel meer inhou)
Soveel meer inhou
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Soebat lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the eye
2| symbol at the bottom of the trash
3| symbol at the top of the star
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid