song lyrics / Manie Jackson / Moeder lyrics  | FRen Français

Moeder lyrics

Performer Manie Jackson

Moeder song lyrics by Manie Jackson official

Moeder is a song in Afrikaans

Elke aand bel ek my moeder
Om vir haar te sê ek mis haar
Dis liefde wat ek vir my moeder voel

Ek dank die Vader vir haar
Vir my is daar geen ander
Sy’s die rede dat ek is wie ek is vandag

Haar hart was vol van vreugde
Toe sy vir my kon vashou
Die dag toe ek my eerste lig aanskou

En van daardie oomblik aan
Het sy by my gestaan
Gesorg vir my deur my lewensbaan

Gaan sien vandag jou moeder
En wys vir haar jy mis haar
Hou haar vas in liefde en in leed

Hierdie wêreld is somtyds wreed
Maar dit kan jy maar weet
‘n Ma se hart bewaar jou van gevaar

O die dag gaan kom dat ek nie
Meer my moeder sal kan bel nie
Dis hoekom ek nou elke dag laat tel

Sê jammer as jy haar seermaak
Doen eerder wat haar bly maak
Ons weet nie hoeveel tyd ons nog het

Maak seker jy bel haar
Op die dag as jy verjaar
Bedank haar want sy’t lewe aan jou geskenk

So dankie Vader vir haar
Ek ruil haar vir geen ander
Sy’s die rede dat ek is wie ek is vandag

Gaan sien vandag jou moeder
En wys vir haar jy mis haar
Hou haar vas in liefde en in leed

Hierdie wêreld is somtyds wreed
Maar dit kan jy maar weet
‘n Ma se hart bewaar jou van gevaar
'n Ma se hart bewaar jou van gevaar
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Moeder lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the cloud
2| symbol to the left of the bulb
3| symbol at the top of the television
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid