song lyrics / Juan Boucher / Gewigloos lyrics  | FRen Français

Gewigloos lyrics

Performer Juan Boucher

Gewigloos song lyrics by Juan Boucher official

Gewigloos is a song in Afrikaans

As jy in my spook
Gaan ek rus
Ek kry net asem in jou son
As ek net kan opkyk

Ons lê hier rond maar niks gebeur nie
As jy my nie soen sal jy nie leer nie
En ek verloor slaap oor dit

Jy’s die skemer en ek die woord
Winter
Ek is heel in liefde dood sal jy in jou mou lag?
Jy gee my lewe jy maak dit groot
In die blou van onthou dit nou
En ek verloor slaap oor dit
Ek verloor slaap oor dit

Jy laat belewenis in my wemel
Want jy styg teen die sterre
Sodat almal kan voel hoe jy raak aan dit (Raak aan dit)

Ek is gewigloos sonder jou
Dis avontuur om te dryf
Maar ek mis jou lyf so ek’s klaar met dit (Klaar met dit)

Ek sê ek is gewigloos sonder jou
Ek sê ek is gewigloos sonder jou
Gewigloos sonder jou

Jy brand hier in my vas
En dis hoe ons was
Van die begin af het dit ingegee (Ingegee)

Nou sal dit nooit weer anders wees
Want jy brand vas in my vlees
En ek kan weer slaap oor dit
Ek kan weer slaap oor dit

Jy laat belewenis in my wemel
Want jy styg teen die sterre
Sodat almal kan voel hoe jy raak aan dit (Raak aan dit)

Ek is gewigloos sonder jou
Dis avontuur om te dryf
Maar ek mis jou lyf so ek’s klaar met dit (Klaar met dit)

Ek sê ek is gewigloos sonder jou
Ek sê ek is gewigloos sonder jou
Gewigloos sonder jou
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Gewigloos lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the cloud
2| symbol at the top of the envelope
3| symbol to the right of the suitcase
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid