song lyrics / Coenie De Villiers / Niemandsland lyrics  | FRen Français

Niemandsland lyrics

Performer Coenie De Villiers

Niemandsland song lyrics by Coenie De Villiers official

Niemandsland is a song in Afrikaans

Jou reëls kan my nie bind nie
Ek's 'n bedoeïen op reis
Geen status maak meer saak nie
Want die wêreld is my huis

In my niemandsland is almal vry, word grense geïgnoreer
Word elk' burokraat bloot afgelag sonder teëspraak of verweer

Ek's 'n burger van die wêreld
Ek bewoon 'n niemandsland
Sonder wette, sonder grense
Ek is aan elke mens verwant
Ek's Sjinees, Kubaans en Russies
My paspoort is verpand
Maak nie saak van waar jy kyk nie
Ek bly aan die ander kant
In my niemandsland

Vandag is ek 'n Arabier, selfs 'n wandelende Jood
Waar ek woon is daar geen oorlog nie
Elke kind het melk en brood
Daar's geen regbank waar ek woon nie
En geen oordeel hier wat geld nie
Daar's geen koerante wat met nydigheid
Elke oortreding meld nie

Ek's 'n burger van die wêreld
Ek bewoon 'n niemandsland
Sonder wette, sonder grense
Ek is aan elke mens verwant
Ek's Sjinees, Kubaans en Russies
My paspoort is verpand
Maak nie saak van waar jy kyk nie
Ek bly aan die ander kant
In my niemandsland

Hier kan ek my mantel draai
Doen waarna ek voel
Doen waarvoor ek lus het, sonder meesterplan of doel

Ek is 'n burger van die wêreld
Ek bewoon 'n niemandsland
Sonder wette, sonder grense
Ek is aan elke mens verwant
Ek is Sjinees, Kubaans en Russies
My paspoort is verpand
Maak nie saak van waar jy kyk nie
Ek bly aan die ander kant
In my niemandsland
In my niemandsland
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Niemandsland lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the camera
2| symbol to the left of the bulb
3| symbol at the top of the calculator
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid