song lyrics / Coenie De Villiers / Onthou lyrics  | FRen Français

Onthou lyrics

Performer Coenie De Villiers

Onthou song lyrics by Coenie De Villiers official

Onthou is a song in Afrikaans

Die see onthou die storms wat om die wêreld oor hom woed
Hy onthou die koue strome en die riviere wat hom voed
In sy diepste, donker kluis rus daar skepe op koraal
Want die water se geheue het hul na jare weer kom haal

So onthou ‘n eik die winde wat selfs die hoogste takke roer
Elke spreeu wat in hom nes maak en sy kleintjies in hom voer
Hy onthou die reën wat saggies oor die berg se spits kom stoot
Wat dan worteldiep kom syfer, wat net aan die eenheid behoort

‘n Lyf onthou die hande wat hom vashou in die nag
Die warmte bly behoue terwyl hy weer op iemand wag
‘n Bed onthou kontoere van ‘n elmboog of voet
Wat iewers in die donker hom teen die eensaamheid behoed

Niks gaan ooit verlore nie, selfs die liefde bly behoue
In die skadus van my kamer, in my laken en sy voue

‘n Huis onthou die mense wat deur die jare in hom woon
En al skif die tyd sy mure, bly die kamers altyd skoon
In die tas van sy herinnering reis ‘n klein tinktinkie saam
Wat lank gelede nes kom maak hier teen sy vensterraam

‘n Lyf onthou die hande wat hom vashou in die nag
Die warmte bly behoue terwyl hy weer op iemand wag
‘n Bed onthou kontoere van ‘n elmboog of voet
Wat iewers in die donker hom teen die eensaamheid behoed

Niks gaan ooit verlore nie, selfs die liefde bly behoue
In die skadus van my kamer, in my laken en sy voue

‘n Lyf onthou die hande wat hom vashou in die nag
Die warmte bly behoue terwyl hy weer op iemand wag
‘n Bed onthou kontoere van ‘n elmboog of voet
Wat iewers in die donker hom teen die eensaamheid behoed

Niks gaan ooit verlore nie, selfs die liefde bly behoue
In die skadus van my kamer, in my laken en sy voue
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Onthou lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the house
2| symbol to the right of the calculator
3| symbol to the right of the bulb
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid