song lyrics / Coenie De Villiers / Weerlig Oor Die See lyrics  | FRen Français

Weerlig Oor Die See lyrics

Performer Coenie De Villiers

Weerlig Oor Die See song lyrics by Coenie De Villiers official

Weerlig Oor Die See is a song in Afrikaans

Hul ontmoet in die lente en hy weet dis die uur
Waar sy hart wel ‘n plek vind wat ‘n leeftyd kan duur mmm
Hulle trou in die somer en sy kook vir hom kos
Want sy weet hierdie man sal sy nimmer laat los mmm

Hulle maak toe ‘n kind wat in die herfs arriveer
Besef daar's nog veel om van mekaar te moet leer mmm
Die winter breek aan en die wolke word grys
Hulle vind dit nou moeilik om hul liefde te wys mmm

Die Karoo was eens ‘n oseaan, die berge was eens vlei
So het ons mekaar bemin, gesweer om trou te bly
Die fosfor in die branding was eens die weerlig oor die see
Niks bly ooit dieselfde nie, selfs die liefde gee ook mee

Hulle dwaal deur die huis om mekaar te vermy
Om die kind se ontwil by mekaar te moet bly mmm
Hy's hoflik en glimlag as hy wyn vir haar skink
Hy dink sy word ouer en moet raai wat sy dink mmm

Sy onthou hoe sy hande om haar heupe kon vou
En die kind in sy arms met teerheid kon hou mmm
Sy grimeer nou versigtig om die skyn te behou
Want aan die einde van alles bly sy steeds nog ‘n vrou mmm

Die Karoo was eens ‘n oseaan, die berge was eens vlei
So het ons mekaar bemin, gesweer om trou te bly
Die fosfor in die branding was eens die weerlig oor die see
Niks bly ooit dieselfde nie, selfs die liefde gee ook mee

Hul ontmoet in die lente en hy weet dis die uur
Waar sy hart wel ‘n plek vind wat ‘n leeftyd sal duur mmm
Hulle trou in die somer en sy kook vir hom kos
Want sy weet hierdie man sal sy nimmer laat los mmm
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Weerlig Oor Die See lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the smiley
2| symbol to the left of the cloud
3| symbol at the top of the padlock
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid