song lyrics / Coenie De Villiers / My Huis lyrics  | FRen Français

My Huis lyrics

Performers Coenie De VilliersKaren Zoid

My Huis song lyrics by Coenie De Villiers official

My Huis is a song in Afrikaans

My hart is soos 'n huis wat gebou is op 'n rots
Wat uitkyk oor die see bo die water se geklots

Hy is gepantser teen die winde wat aanstoot teen die kus
Hy beskut sy kamers binne, word 'n skuiling om in te rus

Mense woon daar in my huis, 'n pa, 'n ma en 'n kind
Hulle kyk deur die huis se vensters, word deur die son op die see verblind
Hulle kom en gaan soos mense maar doen, ja, die huis word soms verwaarloos
Dan maak ek flink die luike oop al bied dit weinig troos

Die mense in my huis is soms selfs argeloos en tog
Ek is bly hulle's hier want op 'n manier is ek aan elke een verknog

Hulle leef in die kamers van my huis, eet die kos wat ek daagliks berei
Die jaar draai stadig op sy rug en dan is hy verby

Hulle pak hulle koffers en tasse, verlaat die huis een-een
En skielik staan die kamers leeg en weer woon ek alleen
My hart is soos 'n huis wat gebou is op 'n rots
Wat uitkyk oor die see bo die water se geklots

My hart is soos 'n huis wat gebou is op 'n rots
Wat uitkyk oor die see bo die water se geklots
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for My Huis lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the television
2| symbol to the right of the eye
3| symbol to the right of the suitcase
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid