song lyrics / Coenie De Villiers / Windmeul Van Jou Hart lyrics  | FRen Français

Windmeul Van Jou Hart lyrics

Performer Coenie De Villiers

Windmeul Van Jou Hart song lyrics by Coenie De Villiers official

Windmeul Van Jou Hart is a song in Afrikaans

Ons soos 'n sirkel in 'n sirkel 'n spiraal, in 'n spiraal
Wat nooit ophou, immer aanhou nes 'n ewige verhaal

Soos 'n tolbos in die verte
Soos 'n skool basaar ballon
Soos 'n dolle mallemeule
Wat sou stil staan as hy kon

Soos 'n tydlose horlosie
Wat die ure aanhou tart
En die wêreled is 'n appel
Wat weg tuimel in die smart
Van die ewige geklop
In die windmeul van jou hart

Soos 'n tonnel wat jy volg
Tot die tonnel net hierna
By 'n gang af na 'n grot
Waar geen son die donker pla

Soos 'n deur wat aanhou klap-klap in 'n half vergete droom
Of die kabbel van 'n klippie wat gegooi word in 'n stroom

Soos die tydlose horlosie
Wat die ure aanhou tart
En die wêreled is 'n appel
Wat weg tuimel in die smart
Van die ewige geklop
In die windmeul van jou hart

Soos die klingel in jou jassak
Soos die klaaglied in jou kop
Waarheen is ons goue somer
Hoekom is dit so gou op

Minnaars talm op die strand
Laat 'n voetspoor in die sand
Is die klank van veraf tromme
Net die vingers van jou hand

Ou-ou prente in 'n gang
'n Klein brokkie van 'n lied
Half bekende name, mense
Watter troos kan dit jou bied?

Toe jy weet als is verby
Het dit voor jou oë ontvou
Hoe die herfsblaar het die kleure
Van haar hare kan onthou

Soos 'n sirkel in 'n sirkel
'n Spiraal in 'n spiraal
Wat nooit ophou, immer aanhou
Nes 'n ewige verhaal

Soos die beelde bly ontvou
Soos jou hart dit bly onthou
Soos die polsslag van die smart
In die windmeul
Van jou hart
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Windmeul Van Jou Hart lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the clock
2| symbol to the right of the star
3| symbol to the right of the bulb
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid