song lyrics / Coenie De Villiers / Sunnyside lyrics  | FRen Français

Sunnyside lyrics

Performer Coenie De Villiers

Sunnyside song lyrics by Coenie De Villiers official

Sunnyside is a song in Afrikaans

Sunnyside se ligte hang sambreeltjies oor die straat
Waar alle soorte goggas in die kegels rond spiraal
Op die bodem van ‘n bottel soek ‘n boemelaar sy maat
Terwyl hy slinger slinger deur Eslinstraat ronddwaal

‘n Blitspatrolie motor staan straataf stil en wag
Gereed vir brekers, rokers en agente van die nag
Hoog is die woonstelblokke is die laatnuus amper klaar
Waar bloedbelope oë na die TV skerm staar

En Gideon se bybel lê half onder die koerant
Waar hoofopskrifte kerm oor die skaarsheid van kontant
En Gideon se bybel word maar meestal toe gelos
Deur hande wat gemoeid is by ‘n knoeigeveg oor kos

Die meeste mense lê al in lakens toegespin
En duidelik druis die stilte as die slaapproses begin
Net een venster is nog wakker waar ‘n meisie haar ontklee
Elders word ‘n verkyker se lense afgevee

En Gideon se bybel lê in donkerte gehul
Waar ‘n man sy vrou en kinders met ‘n ander meisie kul
En Gideon se bybel lê heel onder in die laai
Waar die dromer in sy wolkokon vir die tweede slaap omdraai

En Gideon se bybel lê in donkerte gehul
Waar ‘n man sy vrou en kinders met ‘n ander meisie kul
En Gideon se bybel lê heel onder in die laai (Onder in die laai)
Waar die dromer in sy wolkokon vir die tweede slaap omdraai

Dis middernag en alles is nog wel
Want Sunnyside is veilig in sy sel
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Sunnyside lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the eye
2| symbol to the right of the trash
3| symbol at the top of the clock
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid