song lyrics / Coenie De Villiers / Hooglied lyrics  | FRen Français

Hooglied lyrics

Performer Coenie De Villiers

Hooglied song lyrics by Coenie De Villiers official

Hooglied is a song in Afrikaans

Jou hande is twee duiwe
Wat oor my lyf kom reis
En soos net ‘n vrou se hande
My die soetste deernis wys

Jou heupe my beminde
Is vir my die oseaan
Waar ek na vele reise weer
Op laas aan wal kan gaan

Laat my in jou tent ingaan, ja laat my toe 'seblief
Om sawens langs jou lyf te lê
Om te se ek het jou lief

Kom met die rooi bruin dadels wat ek sag maak met my mond
Dis die woestyn se medisyne
Teen die eensaamheid se wond

Jou skouers ruik na miskus
En jou hals is wit soos wol
Teen jou bors word ek 'n gowelaar
Wat die tyd se gang kan stop

Jou voete is soos bokke
Wat teen die heuwels wei
In skemer aande kan ek hul
Na my kraal toe begelei

Laat my in jou tent ingaan, ja laat my toe 'seblief
Om sawens langs jou lyf te lê
Om te sê ek het jou lief

Kom met die rooi bruin dadels wat ek sag maak in my mond
Dis die woestyn se medisyne
Teen die eensaamheid se wond

Jou nawel is ‘n ronde kom
En jou tong ‘n warm klop
Wat soos kerse snags op die motte roep
En my mond na jou toe lok

Jou oë word soos water
In ‘n geel en droë woestyn
‘n Blou en koel oase wat
Selfs die son kan ondermyn

Laat my in jou tent ingaan, ja laat my toe 'seblief
Om sawens langs jou lyf te lê
Om te sê ek het jou lief

Kom met die rooi bruin dadels wat ek sag maak met my mond
Dis die woestyn se medisyne
Teen die eensaamheid se wond
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Hooglied lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the eye
2| symbol to the left of the padlock
3| symbol to the right of the clock
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid