song lyrics / Coenie De Villiers / Die Visser lyrics  | FRen Français

Die Visser lyrics

Performer Coenie De Villiers

Die Visser song lyrics by Coenie De Villiers official

Die Visser is a song in Afrikaans

Versier my graf met skulpe
Wat jy optel op die strand
Pak hul netjies uit in rye
Maak patrone op die sand

Ek’s gebore uit die branders
Ek's gebore uit die see
En dit wat hy nou neem
Het hy eenmaal ook gegee

Alles wat ek hier onthou
Word deel van die koraal
Deel van hierdie oseaan
Van die see se katedraal

Ek bewaar reeds vyf dekades
‘n See wat min vergeef
‘n See wat soms net gee
Wat oor die skulpgruis vee

Ek ken die reën se sluier
Ek ken die son se brand
Ek weet waar woon die visse
Hier aan die see se rand

Nou roei ek oor ‘n dieper see
En ‘n Bootsman roei nou mee
Ja, ek roei nie meer alleen nie
Oor hierdie vreemde weë

Hier is daar geen vis nie
Die kreef is lank reeds weg
En waar ek eens die stuurman was
Word ek opeens nou kneg
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Die Visser lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of magnifying glass
2| symbol at the top of the bulb
3| symbol at the bottom of the padlock
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid