song lyrics / Coenie De Villiers / Die Liefde lyrics  | FRen Français

Die Liefde lyrics

Performer Coenie De Villiers

Die Liefde song lyrics by Coenie De Villiers official

Die Liefde is a song in Afrikaans

Wie kan my sê van die liefde?
Waaraan sal ek hom herken?
Is hy oud en wys met ‘n kierie?
‘n Gryshard wat kinders verwen?

Is die liefde perdalks nog ‘n kleuter
Wat tot bo in ‘n moerbeiboom klim?
Of ‘n dief met ‘n flits en ‘n klapmus?
Is hy skelm, of eerlik en slim?

Miskien is die liefde ‘n roofdier
Wat geduldig kan wag op sy prooi
Of dalk koud en kul soos die winter
Of soos somer, so warm en rooi

Hou hy skuil op die bo van ‘n bottel?
Kruip hy uit oor die rand van ‘n glas?
Slaan hy toe in die oggend of middag
Om ‘n weerlose mens te verras?

Sal ek weet as die liefde hom aanmeld?
Of hy is hy tog veel meer subtiel?
Laat die liefde ‘n spoor wat mens naloop?
Of is die soektog van meet af futiel?

Klop die liefde soos reën teen die ruite?
Krap hy sag soos ‘n kat aan die deur?
Voel hy dalk soos ‘n kind iesegrimmig?
Stel die lewe hom ook soms teleur?

Staan hy eenkant en wag in die skemer?
Is hy ‘n man op ‘n donker peron?
Is die liefde ‘n vrou met ‘n glimlag
Wat leen oor ‘n somer balkon?

Is die liefde inkennig en skugter?
Of so luid soos ‘n koper trompet?
Lê daar agter hom dalk nog ‘n skadu?
Of het die son hom die luukse belet?

Ja is die liefde inkennig en skugter?
Of is hy luid soos ‘n koper trompet?
Lê daar agter hom dalk nog ‘n skadu?
Of het die son hom die luukse belet?
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Die Liefde lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the cloud
2| symbol at the bottom of the target
3| symbol to the right of the smiley
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid