song lyrics / Coenie De Villiers / Net 'n Bietjie Liefde lyrics  | FRen Français

Net 'n Bietjie Liefde lyrics

Performer Coenie De Villiers

Net 'n Bietjie Liefde song lyrics by Coenie De Villiers official

Net 'n Bietjie Liefde is a song in Afrikaans

Net 'n bietjie liefde eis die kleinste strompelaar
En eis hiermee die hoogste wat 'n sterfling kan ervaar

Vra alles behalwe die hoogste
Want liefde gevra is te veel
Vir eindige mensies soos ons is
Is liefde gevra eens te veel

Net 'n bietjie liefde is die bakvis se versoek
Maar weet nie dat sy end-uit na hierdie droom gaan soek

Vra alles behalwe die hoogste
Want liefde gevra is te veel
Vir eindige mensies soos ons is
Is liefde gevra eens te veel

Net 'n bietjie liefde, roep die digter, hy's radeloos
Want sonder hierdie dryfkrag is sy versies waardeloos

Net 'n bietjie liefde, sug die huisvrou na haar dag
Vermoed dat sy 'n leeftyd op dié wonder gaan bly wag

Net 'n bietjie liefde, huil die ou vrou sy's terminaal
En weet dat sy daarsonder die laaste grens moet haal

Mensekinders, almal
Kleuter, digter, swaar bejaarde vra rykdom, roem, gesondheid

Vra blinkgeod uit die aarde
Vra alles wat die gode bied, die wyn, die vrou, die lied, oh

Vra alles behalwe die hoogste
Want liefde gevra is te veel

Vra alles behalwe die liefde
Want liefde gevra is te veel
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Net 'n Bietjie Liefde lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the target
2| symbol at the top of the star
3| symbol at the bottom of the bulb
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid