song lyrics / Bouwer Bosch / Pasaangeër lyrics  | FRen Français

Pasaangeër lyrics

Performer Bouwer Bosch

Pasaangeër song lyrics by Bouwer Bosch official

Pasaangeër is a song in Afrikaans

Petrus Johannes Christiaan Bosch
Of Pierre soos sy my ma en sy vriende hom genoem het is gebore op 13de Julie 1948
In die middel van daai winter het een van die warmste mens op aarde
Vir die eerste keer kennis met die wêreld
Petrus Johannes Christiaan Bosch of Pa soos ek hom genoem het
Was ’n sagte reus met min woorde maar baie vaardighede
Hy kon enige iets doen met sy hande
Enige iets wat stukkend was kon hy regmaak
Die Here het hom net reg gemaak
Stukkend ook soos almal
Maar net reg

In sy jonger dae was my pa ’n danser gewees
Vlugvoetig en versigtig het die deuntjie altyd eerste gekom
Soms was die wysie hartseer, ander kere weer opwindend
En hy sou kon getuig dat dit soms onmoontlik was om met ’n swaar hart te beweeg
Maar maak nie saak hoe stadig of vreemd daardjie liedjie geklink het nie
Op een of ander manier het hy dit altyd reg gekry om sy voete te wikkel
Van opgee het hy niks geweet nie
Pierre Bosch was nie in die agtergrond nie
Hy was die hele agtergrond

My pa was ook ’n bouer wat nooit skaam was om ’n baksteen se hand te skud nie
Vuiler hande en ’n skoner hart sou jy nie sommer êrens anders kon kry nie
Ek mis daai hande wat dra
Ek lê baie aande wakker en dink aan die oomblik toe my pa uiteindelik Jesus se hand kon skud
En dat Jesus sommer sy hand wegklap en hom inbring vir ’n drukkie
Jy kan baie van ’n man leer deur die manier hoe hy jou ’n druk gee
Ek mis sy drukkies

Ek giggel as ek dink dat daar ’n groot kans is dat my pa nou vir Jesus leer hoe om ’n huis te bou
En dat Jesus my pa weer wys hoe om op water te dans soos wat ek en Petrus nooit kon doen nie
Ek moet sê jy het nogal ou Pierre Bosch se geduld nodig om op water te kan loop
Ek droom ook soms dat my pa by God se voete sit
Net sit en hoe hy dan in die ongemaklike stilte die moed bymekaar skraap om Hom te vra hoekom hy op so ’n seer manier sy mense hier op aarde moes groet
Ek meen hy kon nog so baie hier gedoen het
Wie gaan nou die kerk se stoele uitpak elke sondag oggend
En wie gaan nou my kitaar kas se handvatsel regmaak as hy breek?

Ek kry die Here soms jammer want ek weet daar is meer hartseer vrae as myne daar buite en mense soek antwoorde
Ek dink sekere vrae se antwoorde het soms niks met ons te doen nie al voel ons verdien dit
My pa was ’n stil man
En hoe stiller die water hoe dieper grond en hoe dieper die grond hoe seerder die wond
Ja ons almal het maar ons wonde, al ons helde ook, selfs my pa

En op 23 November 2014 het ons almal ’n laaste keer saam nagmaal gehou en ek moet erken
Die brood van die lewe smaak heelwat anders wanneer jy die dood moet vier
Pierre Bosch het altyd gesê, God is goed
Selfs toe die chemo binne sy are langarm op die ritme van sy pas-aangeer sou hy aanhou sê God is goed
Ek kon dit nie so maklik sê nie en as ek kon dink ek nie ek sou nie
Ek sal maar altyd met die gedagtes stoei van ’n man wat alles of enigeiets kon regmaak behalwe homself
Ek sê jou nou, kanker is maar ’n bliksem

Maar so tussen al die trane en my hartseer glimlag ek wel breed
Want hoe mooi, ironies en onregverdig is die lewe nie
Dat ’n ongeneeslike siekte tog wel ’n stuk genesing tussen ons gebring het

Ek en die Here het nog baie goed om oor te baklei
Maar oor hierdie saak het ek vir eers vrede gevind
En ek weet dat die man wie ek vandag is
Is as gevolg van Petrus Johannes Christiaan Bosch, of Pa soos ek hom genoem het
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Pasaangeër lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the target
2| symbol to the right of the bulb
3| symbol at the bottom of the envelope
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid