song lyrics / Bouwer Bosch / God lyrics  | FRen Français

God lyrics

Performer Bouwer Bosch

God song lyrics by Bouwer Bosch official

God is a song in Afrikaans

Ek praat nie meer so baie met God nie
En dis nie omdat ek kwaad is nie maar meer net omdat ek voel ek moet meer begin luister
As jy meer opgewonde raak oor jou kerk as oor jou God sou ek sê daar is ‘n probleem
Ateiste tree soos Christene op en beoordeel almal wat nie soos hulle voel of glo nie
Ek weet soms nie wat aangaan nie en my swaar hart klop moeilik
My siel is die kaptein van hierdie skip en waar ek nou oor die rowwe see seil
Is dit God se winde wat my koers bepaal al mag dit voel of ek sink
Ek vra nie dat jy van my sal hou nie, maar net dat jy vir ‘n oomblik sal luister
Musiek is my alles, maar alles het al ook gelos met niks

Wat help dit 10 000 mense sing saam by ‘n konsert, maar ek's nie lief vir myself nie
Soms sukkel ek net om myself te wees
Woorde is leë aksies en ek kry myself dikwels op ‘n plek waar ek net praat en nie leef nie
Ek glo in liefde wen, maar ek het ook al baie seer veroorsaak in baie lewens waaroor ek bitter spyt is
God is die pad, maar soms voel God in die pad
En dis hier by ‘n ongelukstoneel wat ek my hart met jou deel

Ek luister elke dag as die skemer Sy naam skree en ek steel Sy genade by die oggend son
En daar besef ek, ek weet nie wat ek soek nie maar ek weet darem wie ek is
Ek vertrou nie altyd my hart nie ek moet hom dalk minder volg
En ek moet leer om net lief te raak vir dit wat lief kan raak vir my
Musiek is net musiek is net musiek, en as dit meer is moet jy sagter sit of selfs ophou luister
Jy sien, God is nie net goed omdat dit goed gaan nie
God is altyd goed
‘n Kind word gebore, God is goed
My pa het kanker, God bly goed

Jy sien, ek skryf musiek om te oorleef
Nie finansieel nie, maar emosioneel
En as ons nie alles verloor het toe ek 16 jaar oud was nie
En ons nie in getrek het by ‘n ander gesin nie
En die Barmhartige Potchefstromer nie vir my sy kitaar gegee het nie
Sou ek nooit vir God ontdek het op ‘n musikale manier nie

Persoonlik dink ek nie God het baie tyd vir Afrikaanse musiek nie, maar Hy is baie lief vir dans
Hy dans op my vals note oor die vreugde in die wêreld
En Hy dans oor my opregte note met trane in Sy oë oor al die hartseer wat ons aan mekaar bring
My hart is ‘n storm op die see
Die golwe gooi hom heen en weer, maar daar is vrede in die donderstorm
Die weer lig bliksem hoe ek God bewonder
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for God lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the cross
2| symbol to the right of the helmet
3| symbol at the top of the calculator
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid