song lyrics / Jak de Priester / Sal Jy My Kom Soek lyrics  | FRen Français

Sal Jy My Kom Soek lyrics

Performer Jak de Priester

Sal Jy My Kom Soek song lyrics by Jak de Priester official

Sal Jy My Kom Soek is a song in Afrikaans

As die wêreld in my hart kom lê
En sy spoke saggies in my oor kom sê
Sal jy my kom soek
Sal jy my kom soek?

As my liefde soos die reën in die son verdwyn
En alles wat ek glo is in ‘n bottel wyn
Sal jy my kom soek
Sal jy my kom soek?

As die laaste druppels van my siel oorbly
As ek doelloos sonder rigting in die stad rondry
Sal jy my kom soek
Sal jy my kom soek?

Want ek weet daar’s altyd
Elke keer net jy
Wat my uit die donker
Na die lig toe lei

Jy laat my lewe
Jy laat my opstaan
Jy gee my weer redes om te leef
Laat my terug huis toe gaan

As die nag se paaie my oral lei
As ek tot die son weer opkom by ‘n party bly
Sal jy my kom soek
Sal jy my kom soek?

As ek koud kry op 'n warm somersdag
As ek sonder dat ek vra om vergifnis wag
Sal jy my kom soek
Sal jy my kom soek?

As die wêreld se tronk my agter trallies hou
As ek oral om my mure en hoe heinings bou
Sal jy my kom soek
Sal jy my kom soek?

Want ek weet daar's altyd
Elke keer net jy
Wat my uit die donker
Na die lig toe lei

Jy laat my lewe
Jy laat my opstaan
Jy gee my weer redes om te leef
Laat my terug huis toe gaan

As ek myself weer kon vind met baie liefde in my hart
As ek myself weer kon vind sonder pyn en smart
As ek myself weer kon stroop van die wêreld se mag
As ek familie om my het en weer met vriende lag

As ek saans weer kan slaap sonder spoke in my kop
As ek kan nee sê vir die wêreld en ‘n laaste dop
Sal jy my kom soek
Sal jy my kom soek

Want ek weet daar's altyd
Elke keer net jy
Wat my uit die donker
Na die lig toe lei

Jy laat my lewe
Jy laat my opstaan
Jy gee my weer redes om te leef
Laat my terug huis toe gaan
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Sal Jy My Kom Soek lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the envelope
2| symbol at the bottom of the heart
3| symbol to the right of the target
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid