song lyrics / Jak de Priester / Wie's Ek Met Niks lyrics  | FRen Français

Wie's Ek Met Niks lyrics

Performer Jak de Priester

Wie's Ek Met Niks song lyrics by Jak de Priester official

Wie's Ek Met Niks is a song in Afrikaans

Ek staan voor die huis waar ons woon
En ek sien hoe die vuur dit verteer
Ek hoor hoe breek die vensters
Ek kan niks doen om die vlamme te keer

Ek staan met my vrou en my kinders
En die honde wat ons darm kon red
En ek kyk hoe ons lewe inmekaar stort
En die klere aan ons lyf is wat ons het

Ek staan voor die huis waar ons lewe
Ek sien die vlamme wat dit genadeloos steel
En waar daar nou net ‘n vuur op die aarde brand
Was dit gister nog alles mooi heel

Nou dat ek alles verloor het
Niks meer bewyse van ons lewe meer oor het
Geen muur wat nog staan
Geen horlosie om aan die tyd vas te klou

Nou dat ek alles verloor het
Niks meer bewyse van ons lewe meer oor het
Wie is ek nou, wie is ek nou
Wie's ek met niks?

Almal in die omgewing kom troos my
Mense bring kos en bring hoop
Ek leer weer die goedheid van mense
Wat ek vergete het in die wêreld bestaan

Hoe begin mens weer alles van voor af?
Hoe maak mens weer skatte bymekaar?
Maar my skatte is hier by my
My vrou en my kinders
Het die vuur my geleer in die nag

Nou dat ek alles verloor het
Niks meer bewyse van ons lewe meer oor het
Geen muur wat nog staan
Geen horlosie om aan die tyd vas te klou

Nou dat ek alles verloor het
Niks meer bewyse van ons lewe meer oor het
Wie is ek nou, wie is ek nou
Wie’s ek met niks?

So as ek net een iets kon red
As ek aan een ding net styf vas kon klou
Wat sou dit wees?
Ek weet nou die antwoord
Is my liefde vir jou
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Wie's Ek Met Niks lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the cloud
2| symbol to the right of the camera
3| symbol to the left of the calculator
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid