song lyrics / Jak de Priester / Ek Was Hier lyrics  | FRen Français

Ek Was Hier lyrics

Performer Jak de Priester

Ek Was Hier song lyrics by Jak de Priester official

Ek Was Hier is a song in Afrikaans

Hier staan ek in Afrika son
Strooi my as hier as die dag sou kom
Onder ‘n Witgat boom
Of langs die rivier
Solank God net weet ek was hier

Hier staan ek op my pa se plaas
Die grond onder my voete
My kinders wat kan raas
Hyenas wat huil
‘n Olifant se voet
Solank God net weet vir my was dit goed

En as ek sing dan
Sing ek in my moedertaal
As ek oor die strande loop
Al loop ek sonder skoene met my voete kaal

Al is ek hier onder
In die suidste punt van Afrika
Solank God net weet en my eendag hier kom haal

Hier swem ek
In die oseaan
Tafelberg gedek
Reg onder die maan
Die walvisse sal roep
Die seemeeu sal verstaan
Dat ek met my kaalvoete
Op hierdie stukkie aarde staan

Hier staan ek in Afrika lug
Skrywers sal skryf
En digters sal dig
Die leeu sal brul
En die bok sal spring
Die son sal sak
En die sanger sal sing

Want as ek sing dan
Sing ek in my moedertaal
As ek oor die strande loop
Al loop ek sonder skoene met my voete kaal
Al is ek hier onder
In die suidste punt van Afrika
Solank God net weet en my eendag hier kom haal

Hier staan ek
Met my hart op my mou
Ek deel dit uit met liefde
Ek weet die tyd is nou
Stellenbosch se wyn land
Afrika se vuur
Solank God net weet ek was hier
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Ek Was Hier lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the target
2| symbol at the top of magnifying glass
3| symbol to the right of the calculator
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid