song lyrics / Jak de Priester / Karoo Gebed lyrics  | FRen Français

Karoo Gebed lyrics

Performer Jak de Priester

Karoo Gebed song lyrics by Jak de Priester official

Karoo Gebed is a song in Afrikaans

As ‘n lang dag se probleme aan my lyf kom sit
En ek te moeg is om te glimlag vir my kind
As die mense by die werk my siel onrustig maak
En ek sukkel om vrede in my hart te vind

As ek nie lus voel om met die wêreld mee te praat nie
En ek my liefde vir my medemens verloor
As ek sukkel om iemand te vergewe
Of my passie vir die lewe net verloor

Dan maak ek my oë toe in die donker
En ek verbeel my ek is êrens in die Karoo
En ek sit daar langs die man wat vir my glimlag
En ek pluk die sterre stadig een vir een
En ek voel hoe dat die Here my weer seen

As ek nuus kyk en ek sien hoe lyk die wêreld
Hoeveel kinders elke dag moet honger ly
Of 'n oorlog wat 'n mooi land net verwoes het
En my huishulp wat in ‘n sinkplaat huisie bly

As ek toe kyk hoe ons land soms uit mekaar val
En ons leiers geen liefde in hul harte het
As ek soms in die nagte wakker lê en ek wonder
As ek wonder of my kind 'n toekoms het

Dan maak ek my oë toe in die donker
En ek verbeel my ek is êrens in die Karoo
En ek sit daar langs die man wat vir my glimlag
En ek pluk die sterre stadig een vir een
En ek voel hoe dat die Here my weer seen

As ek stadig weer my oë vir die wêreld oopmaak
Met my voete nog êrens in die Karoo
Met die sterre wat so helder in my hart skyn
En my lewenslus soos mana van daar bo

Dan maak ek my oë toe in die donker
En ek verbeel my ek is êrens in die Karoo
En ek sit daar langs die man wat vir my glimlag
En ek pluk die sterre stadig een vir een
En ek voel hoe dat die Here my weer seën
Ja ek voel hoe dat die Here my weer seën
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Karoo Gebed lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the cloud
2| symbol at the bottom of the trash
3| symbol at the top of the bulb
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid