song lyrics / Jak de Priester / Pretoria by die See lyrics  | FRen Français

Pretoria by die See lyrics

Performer Jak de Priester

Pretoria by die See song lyrics by Jak de Priester official

Pretoria by die See is a song in Afrikaans

Ek wou ook emigreer het maar waar heen sou ek gaan?
Op 'n vliegtuig na Nieu-Seeland maar my kindertjies moet saam
En wat dan van die honde wat moet wag in kwarentein?
En die kinders wat moet Engels praat al is hul nog so klein

Ek wou die land verlaat het op soek na wie weet wat
Is Australië die plek dan wat die toekoms ons heen vat?
Maar wat dan van ons ouma en ons oupa wat ons roep?
Want as ek middernag in Brisbane is sit hulle op die stoep

En toe semi greer ons liewer na die Wes-Kaap toe
Van Somerset tot Stellenbosch na die Paarl toe
Lekker in Hermanus daar is rooiwyn in my tee
Nou braai ek met my pelle Pretoria by die see

Ons wou ook emigreer het maar wie sal ons verstaan?
Is Hollands nie dieselfde nie, is amper Afrikaans
Of England se winter is die sonskyn meestal grys
Toe kies ek maar die Kaap se weer en 'n kaggel in ons huis

En toe semi greer ons liewer na die Wes-Kaap toe
Van Somerset tot Stellenbosch na die Paarl toe
Lekker in Hermanus daar is rooiwyn in my tee
Nou braai ek met my pelle Pretoria by die see

Wie ken my stories in Amerika?
Hoe sê jy my naam dan in Japan?
Waar is my siel dan in Kanada?
As ek met warm kouse rond loop in die gang

Hoe maak ek nuwe vriende in die hitte van Dubai?
Hoe maak ek net verlange as ek dink aan Mosselbaai?
Hoe praat ek Afrikaans op 'n trein in Amsterdam?
Hoe maak ek met verlange na die Hartebeespoort dam?

En toe semi greer ons liewer na die Wes-Kaap toe
Van Somerset tot Stellenbosch na die Paarl toe
Lekker in Hermanus daar is rooiwyn in my tee
Nou braai ek met my pelle Pretoria by die see
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Pretoria by die See lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the star
2| symbol to the left of the suitcase
3| symbol to the right of magnifying glass
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid