song lyrics / Jak de Priester / Nes Die Weduwee Se Kruik lyrics  | FRen Français

Nes Die Weduwee Se Kruik lyrics

Performer Jak de Priester

Nes Die Weduwee Se Kruik song lyrics by Jak de Priester official

Nes Die Weduwee Se Kruik is a song in Afrikaans

Ek skryf jou naam
Met ink op my arm
Ek soen jou mond
Jou asem is warm
Ek streel jou lyf
Jou lyf word die wyn
In my glas vanaand

Ek byt op jou lip
Saggies met my mond
Buite hang 'n vol maan
Lieflik en rond
En ek soen jou nek
Jou nek ruik soos blomme vanaand

Mag ons liefde vir mekaar
Nooit op hierdie aarde vergaan nie
Al wil die wêreld ons wys maak
Daar bestaan nie eintlik 'n kaans nie

Al will die wêreld soms keer
Dat ons saam eendag oud
Op die stoep sit en steeds
Nogsteeds van mekaar hou
Mag my liefde vir jou
Nes die weduwee se kruik
Net nooit ophou

Mag my liefde vir jou
Nes die weduwee se kruik
Net nooit ophou

Ek kyk in jou oë
Jou oë is die toekoms
Ek fluister in jou oor
Ek fluister jou naam ek slaap in jou arms
Jou arms word die vlerke om my lyf vanaand

Ek sien in jou wange
Daar’s 'n son wat sal skyn
Ek lees in jou hande
Daar is vrede op elke lyn

Die see is in jou oë
En die golwe is in jou stem
Die moesies op jou lyf
Word die pêrels wat ek ken

Mag ons liefde vir mekaar
Nooit op hierdie aarde vergaan nie
Al wil die wêreld ons wys maak
Daar bestaan nie eintlik 'n kans nie

Al wil die wêreld soms keer dat ons
Saam eendag oud
Op die stoep sit en steeds
Nogsteeds van mekaar hou
Mag my liefde vir jou
Nes die weduwee se kruik
Net nooit ophou

Mag my liefde vir jou
Nes die weduwee se kruik
Net nooit ophou

Mag my liefde vir jou
Nes die weduwee se kruik
Net nooit ophou
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Nes Die Weduwee Se Kruik lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the trash
2| symbol at the top of magnifying glass
3| symbol to the right of the television
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid