song lyrics / Jak de Priester / Navy Trui lyrics  | FRen Français

Navy Trui lyrics

Performer Jak de Priester

Navy Trui song lyrics by Jak de Priester official

Navy Trui is a song in Afrikaans

Hotelkamer in Woester
Lê ek aan jou en dink
Ek hoor die karre wat verby ry
Wat verlangs soos die see kan klink

Is my gedagtes wat na jou toe gaan
Dis my hart wat so verlang
Na al die paaie waar ons spore lê
Al ons foto’s in die gang

Maar waar is jy my roadtrip meisie?
Die klein borreltjie sjampoe
Al ons drome in ‘n rugsak
Saam deur Timbuktu

Want daar was blome in haar hare
Was Psalms in haar stem
Daar was vlinders in haar hande
Daar was seesand op haar ken

Daar was vrede in haar arms
En daar was liefde in haar mond
Daar was hooglied op haar lippe
In die mooiste oggend son

Maar waar is jy ?
Nog êrens met my navy trui
As ek die roadtrip blues so kry

Hotelkamer voel leeg vanaand
Sonder jou skadu’s teen die muur
En alles is so beige geverf
Want jy’s êrens ver van hier

Ek sit daai TV’tjie nog harder
Bold and Beautiful wat wys
Na al die jare Brooke en Erik
Nogsteeds die liefdes stryd

Maar waar is jy my roadtrip meisie?
Die klien botteltjie sjampoe
Jy sing Koos Kombuis sê liedjies
Oppad Cederberge toe

Want daar was blomme in haar hare
Was Psalms in haar stem
Daar was vlinders in haar hande
Daar was seesand op haar ken

Daar was vrede in haar arms
En daar was liefde in haar mond
Daar was hooglied op haar lippe
In die mooiste oggend son

Maar waar is jy?
Nog êrens met my navy trui
As ek die roadtrip blues so kry

Jy’t gesê een aand in Kalkbaai
Jy sien jou kinders in my oë
En toe dans ons tot die maan verdwyn
Ek het jou daardie aand geglo

Want daar was blomme in jou haar hare
Psalms in jou stem
Daar was vlinders in jou hande
Daar was seesand op jou ken

Daar was vrede in jou arms
En daar was liefde in jou mond
Daar was hooglied op jou lippe
In die mooiste oggend son

Maar waar is jy?
Nog êrens met my navy trui
As ek die roadtrip blues so kry
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Navy Trui lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the cloud
2| symbol to the left of the bulb
3| symbol at the bottom of the trash
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid