song lyrics / Jak de Priester / My Ouma Is n Wonderlike Ding lyrics  | FRen Français

My Ouma Is n Wonderlike Ding lyrics

Performer Jak de Priester

My Ouma Is n Wonderlike Ding song lyrics by Jak de Priester official

My Ouma Is n Wonderlike Ding is a song in Afrikaans

O my ouma o my ouma
Ja my ouma is ‘n wonderlike ding
Sy staan in die gang en sy maak ons bang
Ja my ouma is ‘n wonderlike ding

My ouma se naam is Bettie
En die ander een se naam is Louise
‘n Ouma se doel op hierdie aarde
Is om haar klein kinders te please

Want ons oumas se huis is anders
Dit ruik na kookkos en haar tuis gebakte brood
En dis hier waar ons kinders mag stout wees
Ja hier word ons lekker groot

O my ouma ja my ouma
Ja my ouma is ‘n wonderlike ding
Sy lê in die bed en sy is lekker vet
Ja my ouma is ‘n wonderlike ding

O my ouma ja my ouma
Ja my ouma is ‘n wonderlike ding
Sy sit op die stoep en ek hoor haar roep
Ja my ouma is ‘n wonderlike ding

Ouma Bettie is klaar in die Hemel
Sy wag vir ons almal daar
Ek onthou nog haar groot blou oë
En haar stories was altyd waar

Sy het gehou van ‘n liedjie met ‘n wysie
Waarop sy lekker in die huis kon dans
En die klank van ‘n ou konsertiena
Begin sy skoffel gee haar net ‘n kans

O my ouma ja my ouma
Ja my ouma is ‘n wonderlike ding
Sy werk graag in die tuin en sy drink ‘n glasie wyn
O my ouma is ‘n wonderlike ding

O my ouma ja my ouma
Ja my ouma is ‘n wonderlike ding
Haar skoot was lekker sag sy kry trane as sy lag
O my ouma is ‘n wonderlike ding

Gelukkig leef ouma Louise nog
Sy het ‘n kas met baie lekkers in haar huis
En wanneer ons by haar gaan kuier
Sal sy boeke met prentjies wys

My ouma lyk baie gelukkig
Sy is die vriendelikste vrou in die kontrei
Sy gesels oor die muur met haar buurvrou
As sy in die middae haar blomme nat lei

O my ouma ja my ouma
Ja my ouma is ‘n wonderlike ding
Sy plant ‘n nuwe boom sy stuur groete vir die oom
Ja my ouma is ‘n wonderlike ding

O my ouma ja my ouma
Ja my ouma is ‘n wonderlike ding
Sy het baie tyd vir my sy sê ek moet by haar gaan bly
Ja my ouma is’n wonderlike ding

Sy staan in die gang en sy maak ons bang
Ja my ouma is ‘n wonderlike ding
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for My Ouma Is n Wonderlike Ding lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the smiley
2| symbol at the bottom of the cross
3| symbol to the left of the trash
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid