song lyrics / Jak de Priester / Kleure Van Die Reenboog lyrics  | FRen Français

Kleure Van Die Reenboog lyrics

Performer Jak de Priester

Kleure Van Die Reenboog song lyrics by Jak de Priester official

Kleure Van Die Reenboog is a song in Afrikaans

Wit is die wolke soos popcorn in die lug
Dit lyk soos klomp skape wat vir ‘n wilde dier vlug
Blou is die hemel dit is ‘n mooi dag
Blou is die lug as die sonskyn opdaag

Groen is ons grasperk waarop ons kan lê
Groen gras is iets wat almal wil hê
Bruin is ons koelteboom sy harde dik stam
En bruin is my hare wat ek elke dag kam

Dis die kleure van die reënboog
Wat ek oral om my sien
Dis die kleure van die reënboog
Wat ons oë met prag bedien

Dis die kleure van die reënboog
Wat die Here vir ons gee
Om die wêreld mooi te skilder
Soos die blou lug en die see

Geel is die sonskyn op ‘n mooi somer's dag
Dan gaan ons soms strand toe eet roomys en lag
Rooi is my voorkop as die warm son brand
Van te veel son kan ek by die dokter beland

Grys is my ouma se hare se kleur
Sy probeer my die letters van die alfabet leer
Pienk is my sussie se heel eerste pop
Pienk is haar bedjie en pienk is haar rok

Dis die kleure van die reënboog
Wat ek oral om my sien
Dis die kleure van die reënboog
Wat ons oë met prag bedien

Dis die kleure van die reënboog
Wat die Here vir ons gee
Om die wêreld mooi te skilder
Soos die blou lig en die see

Oranje is die lemoene wat ons elke dag eet
As dit amper soos die son lyk dan is dit gereed
Deurskyn in die water wat ons elke dag drink
En silwer die see as die son oor hom blink

Pers is my tannie se naels wat sy verf
My ma sê sy’s kunstig sy het dit geerf
Goud is die ring wat sy elke dag dra
My oom het al lank terug vir haar liefde gevra

Dis die kleure van die reënboog
Wat ek oral om my sien
Dis die kleure van die reënboog
Wat ons oë met prag bedien

Dis die kleure van die reënboog
Wat die Here vir ons gee
Om die wêreld mooi te skilder
Soos die blou lug en die see

Swart is die donker as die son ophou skyn
Dan klim ek in my bedjie my hartjie is rein
En ek groet die wêreld ons reënboog kleur land
Welkom klaasvakie
Kom strooi maar jou sand
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Kleure Van Die Reenboog lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the clock
2| symbol at the bottom of the cloud
3| symbol to the left of the trash
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid