song lyrics / Jak de Priester / Drankensberge Liefde lyrics  | FRen Français

Drankensberge Liefde lyrics

Performer Jak de Priester

Drankensberge Liefde song lyrics by Jak de Priester official

Drankensberge Liefde is a song in Afrikaans

Ek spoel gereeld my mond uit
As ek te lelik praat
Die stad maak my so anders
Die traffic maak my klaar

Die dokter sê my suiker
Is hopeloos te veel
En my vrou dink ook dis crazy
Ons moet nader aan die see

Dan klim ons in my motor
En vat die pad alleen
Deur ‘n honderd E-Toll torings
Die laat nag se pers reën

Deur Midrand en deur Jozi
Die toll hekke is al duur
Maar vanaand slaap ons net êrens
Langs die berge en rivier

Dan maak ons Drakensberge liefde
Dan maak ons liefde in die Drakensberge
Dan maak ons berge vol van liefde
Drakensberge liefde

Dan drink ons rooiwyn langs 'n vuurtjie
Dan vlam ons liefde van die rooiwyn
Dan maak ons berge vol van liefde
Drakensberge liefde

Ons ry verby Salsolburg
Die Vrystaat ken ek goed
Die velde is vol cosmos
Die aarde in my bloed

Ek pluk vir jou net blomme
Vir ‘n oomblik staan ons daar
En ek soen jou langs die oop pad
Die blou lig en die kar

Ons ry weer bietjie verder
En stop in Heidelbron
Ons maak die kar se tenk vol
Eet Kentucky in die son

Ek los ‘n boodskap op my voicemail
Dat niemand ons kan vind
Want vanaand slaap ons net êrens
Langs die berge en rivier

Dan maak ons Drakensberge liefde
Dan maak ons liefde in die Drakensberge
Dan maak ons berge vol van liefde
Drakensberge liefde

Dan drink ons rooiwyn langs ‘n vuurtjie
Dan vlam ons liefde van die rooiwyn
Dan maak ons berge vol van liefde
Drakensberge liefde

Ons draai toe in by Clarens
Drink ‘n bier by ‘n bar
En ek skryf vir jou ‘n lovesong
Op ‘n akker boom se blaar

Ons drentel deur die straatjies
Loop deur ‘n gallery
En ek fluister in jou oor om
Jou te kan verly

Maar skielik voel dit weer
Soos toe ons nog jonk was
Met sterre in ons oë
En beloftes as ons dronk was

Maar vanaand slaap ons hier
In God’s se verblyf
Met jou in my arms
En my woorde oor jou lyf

Dan maak ons Drakensberge liefde
Dan maak ons liefde in die Drakensberge
Dan maak ons berge vol van liefde
Drakensberge liefde

Dan drink ons rooiwyn langs ‘n vuurtjie
Dan vlam ons liefde van die rooiwyn
Dan maak ons berge vol van liefde
Drakensberge liefde
Dan maak ons Drakensberge liefde
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Drankensberge Liefde lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the padlock
2| symbol at the bottom of the bulb
3| symbol to the right of the smiley
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid