song lyrics / Jak de Priester / Boervrou Vir Ma lyrics  | FRen Français

Boervrou Vir Ma lyrics

Performer Jak de Priester

Boervrou Vir Ma song lyrics by Jak de Priester official

Boervrou Vir Ma is a song in Afrikaans

Sy't perde krag in haar arms
Sy’t altyd kinders op haar skoot
Haar hande staan vir niks verkeerd
En sy gee vir almal brood

Sy's vroeg op as die res nog slaap
Sy maak koffie en beskuit
Dan sing sy my saggies wakker sy sê
Die son groet deur jou ruit

Sy leer my om te bid vir krag
Sy troos jou as jy huil
Sy leer my van seep en water
Sy sê mens se voete is altyd vuil

Sy wys vir my die regte pad
Haar hande ken ook smart
Sy gee vir almal 'n tweede kans
Want sy’t die Here in haar hart

En vir elkeen word die dice gegooi
Vir elkeen sal hy val
As jy jou oë oopmaak in die wêreld
Is jou lot jou lot my pel

Maar hy tummel in die groot heelal
Het die dice vir my net reg geval
Ek is dankbaar dat 'n boervrou my
Groot gemaak het
Ek is dankbaar dat 'n boervrou my
Groot gemaak het

Sy’t tonne liefde in haar arms
Sy kan kos maak soos net 'n ma
Sy weet as haar kind gelukkig voel
En sy weet as iets hom pla

Sy sing vir jou as jy klein is
En sy dans as jy verjaar
Sy klap hande met trane in haar oë
En jy weet sy’s altyd daar

En vir elkeen word die dice gegooi
Vir elkeen sal hy val
As jy jou oë oopmaak in die wêreld
Is jou lot jou lot my pel

Maar hy tummel in die groot heelal
Het die dice vir my net reg geval
Ek is dankbaar dat 'n boervrou my
Groot gemaak het

Want sy’t die lewe in haar hart en gees
Sy's die moeder in my taal
As ek nêrens is en ek myself verloor
Sal sy my middernag kom haal

Sy wys vir my die regte pad
Haar hande ken ook smart
Maar sy gee vir almal 'n tweede kaans
Want sy’t die Here in haar hart

En vir elkeen word die dice gegooi
Vir elkeen sal hy val
As jy jou oë oopmaak in die wêreld
Is jou lot jou lot my pel

Maar hy tummel in die groot heelal
Het die dice vir my net reg geval
Ek is dankbaar dat 'n boervrou my
Groot gemaak het
Ek is dankbaar dat 'n boervrou my
Groot gemaak het
Ek is dankbaar dat een boervrou my
Groot gemaak het
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Boervrou Vir Ma lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the calculator
2| symbol at the top of the clock
3| symbol at the bottom of the padlock
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid