song lyrics / Jak de Priester / Bloed En Vlees lyrics  | FRen Français

Bloed En Vlees lyrics

Performer Jak de Priester

Bloed En Vlees song lyrics by Jak de Priester official

Bloed En Vlees is a song in Afrikaans

Toe ek klein was was hy groot gewees
Hy was sterk gewees my pa was fluks gewees
Maar hy moes geld verdien moes kliente sien
Daarom was hy maar min by die huis gewees

Toe ek klein was was hy kwaai gewees
Hy was ‘n man gewees ek was soms bang gewees
Maar hy moes vroeg opstaan om na sy werk te gaan
Daarom was hy maar min by die huis gewees

Toe hy jonk was moes hy sy ma kon groet
Hy moes gaan leer van moed van vlees en bloed
Dit het hom sterk gemaak dit het hom man gemaak
Dit het sy sagte siel dalk effens stil gemaak

Toe hy jonk was was hy sterk gewees
Hy was weg gewees op die grens gewees
En hy moes goed kon skiet hy moes goed kon hoor
Hy moes homself kon oorgee aan geweld en moord

Maar hy was nog altyd edel
En hy was nog altyd daar
En hy het nog altyd die dag onthou
As ek Oktober maand verjaar

En hy was nog altyd trots gewees
Op sy kinders en sy vrou
Dis maar net hoe hy geleer was
Om sy liefde stil te hou

Toe ek klein was het ek my pa gesoek
Ek was nog in my doek ek het my pa gesoek
Maar hy moes geld verdien moes kliente sien
Daarom was hy maar min by die huis gewees

Toe ek op hoërskool was het ek my pa gesoek
Want ek het man geword en ek het vrae gehad
Maar hy was kwaai gewees en ek was weird gewees
Ek wou nooit eers erken ons was bloed en vlees

Maar hy was nog altyd edel
En hy was nog altyd daar
En hy het nog altyd die dag onthou
As ek Oktober maand verjaar

En hy was nog altyd trots gewees
Op sy kinders en sy vrou
Dis maar net hoe hy geleer was
Om sy liefde stil te hou

Toe ek groot is het ek ook liefde gevind
Ek het met liefde getrou 'n baba vas gehou
Nou’s ek die man wat ‘n pa moet wees
My gesin moet beskerm in bloed en vlees

Nou kyk ek na my pa wat voor die TV sit en slaap
Sy lyf is moeg van jare
En hy’s grys hier langs sy slaap

En ek weet hy het op sy manier sy beste ook probeer
Om sy kinders groot te maak
Hy't met die jare dalk geleer

Nou sien ek my pa met ander oë
Want om ‘n pa te wees moet jy in liefde glo
En jy moet geld verdien moet kliente sien
En soms bietjie min by die huis ook wees

Maar ek was nog altyd edel
En ek was nog altyd daar
En ek het nog altyd die dag onthou
As jy in Januarie maand verjaar

En ek was nog altyd trots gewees
Op my kinders en my vrou
Dis maar net hoe ek geleer was
Om my liefde stil te hou
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Bloed En Vlees lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the eye
2| symbol to the right of the house
3| symbol to the left of the helmet
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid