song lyrics / Coenie De Villiers / Vir Jou lyrics  | FRen Français

Vir Jou lyrics

Performer Coenie De Villiers

Vir Jou song lyrics by Coenie De Villiers official

Vir Jou is a song in Afrikaans

Vir jou wil ek 'n huis hê
'n Huis met 'n leiklipvloer
'n Witgekalkte skoorsteen
Wat deur die rietdak loer
'n Okkerneuthout-onderdeur
Wat kreun aan die skarnier
'n Donskombers om in te beur
'n Kaggel en 'n vuur

Die dae is droef soos druiwe
Jou naam is soet soos mos
Die herfs is in die wingerd
Die son in elke tros
Want die winters hier is wondbaar as die jaar se hitte kwyn
Die seisoen word oud en waardig
Wat mos was word nou wyn

Vir jou wil ek 'n bos hê
Waar jy dennenaalde ruik
Reën wat oor die berg kom en timmer teen die luik
En by die hek 'n bloekom met sy takke in die wind
Hier in die koper-ledekant jou warm bruinoog kind

Want die dae is droef soos druiwe
Jou naam is soet soos mos
Die herfs is in die wingerd
En die son in elke tros
Want die winters hier is wondbaar as die jaar se hitte kwyn
Die seisoen word oud en waardig
Wat mos was word nou wyn

Al maak ek hierdie versie eenvoudig, lief, soos nou
Die wens bly tog maar net 'n wens, die werklikheid verbrou
Die wens bly tog maar net 'n wens, die werklikheid verbrou

Want die dae is droef soos druiwe
Jou naam is soet soos mos
Die herfs is in die wingerd
En die son in elke tros
Want die winters hier is wondbaar as die jaar se hitte kwyn
Die seisoen word oud en waardig
Wat mos was word nou wyn
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Vir Jou lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the padlock
2| symbol to the left of the cloud
3| symbol at the bottom of the bulb
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid