song lyrics / Coenie De Villiers / Tyd en Dae lyrics  | FRen Français

Tyd en Dae lyrics

Performer Coenie De Villiers

Tyd en Dae song lyrics by Coenie De Villiers official

Tyd en Dae is a song in Afrikaans

Die jeug verblind sy eienaar teen tyd
Die dae bly lank, die horison bly wyd
Daar is veer in elke tred
Daar is buit in elke bed
En die lewe, ongerep en ongelslyt

En dan is daar die jare tussen in
Dis nie die einde nie, maar dis ver verby begin
Die impotente vrees oor wat nog kom, oor wat sal wees
Word dringend dan die soeke na die sin

En skielik is jy hoogstens nie meer jonk nie
En al soek jy, vind jy nimmer weer die vonk nie
Dis nie meer geld en die vergaar daarvan wat tel nie
Dis nie die liefde of die soek daarna wat kwel nie

Want as jy terugkyk oor die jare van jou lewe
Word die sondes van die vader tog vergewe
Want hier vanaf die einders van die tyd
Verlos van kommer en van pyn en van verwyt
Bly net die deernis oor en dis wat jy verstaan
Dat net die deernis teen die donker bly bestaan
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Tyd en Dae lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the house
2| symbol at the top of the padlock
3| symbol at the bottom of the calculator
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid