song lyrics / Coenie De Villiers / Stalag 17 lyrics  | FRen Français

Stalag 17 lyrics

Performer Coenie De Villiers

Stalag 17 song lyrics by Coenie De Villiers official

Stalag 17 is a song in Afrikaans

Hoog bo die stad
Woon 'n man oorspronkilk uit Daljosafat
Met net 'n stoel en 'n bed en medaljes wat
Herinner aan dae lank vervloë

Lank reeds versoen
Met die pyn en sy pensioen
'n Veteraan van digby tagtig jaar
Se oorlog en vrede

En soms as hy staar
Deur die rookbeleë skemer waar
Die aandverkeer 'n halssnoer bind
Deur die stad se donker labirint

Dink hy aan Stalag 17
Waar hy eens deur die draad 'n sigeunerin kon sien
Wat soos 'n bloedvlek teen die somber woud se sneeu
'n Laaste czarda dans

Die foto vergeel
Maar sy naam bly stees 'n belangrike deel
Van 'n ou en 'n byna vergete verhaal
Wat vertel van oorlog en vrede

Deur die donker beleër
Speel hy solitêr om die gedagtes te keer
Wat telkens dwing om deur sy skanse te dring
En die spel te verbreek

En soms as hy tuur
Deur die masker van die donker uur
Word die stad se lig 'n firmament
Maar die flikkering bly onbekend

Dan dink hy aan Stalag 17
Waar hy eens deur die draad 'n sigeunerin kon sien
Wat soos 'n bloedvlek teen die somber woud se sneeu
'n Laaste czarda dans
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Stalag 17 lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the helmet
2| symbol to the right of the calculator
3| symbol to the right of the smiley
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid