song lyrics / Coenie De Villiers / Soldatehemel lyrics  | FRen Français

Soldatehemel lyrics

Performer Coenie De Villiers

Soldatehemel song lyrics by Coenie De Villiers official

Soldatehemel is a song in Afrikaans

Verwelkom
Die soldate wat saamdrom by die hek
Sprei oop die palmblare want hier langs my troon is plek

Foei
Hoe jonk is hulle nie, veels te jonk om hier te wees
Kyk, hul's kwalik nog maar agtien
Berei my tafel vir 'n fees

Verwyder elk' medalje
Wat herinner aan die pyn
Die letsels van die veldslag, gee hul kos en gee hul wyn

Want te kosbaar is die lewe om op oorloë te vermors
Ja, anderkant kartetse wag 'n groter, dieper dors, stroop dus die uniform haastig
Van die jongeling se rug

En laat hom weer die son voel brand
In 'n onbewolkte lug
Ja, laat hom weer die son voel brand
In 'n onbewolkte lug

Ontbied al die musikante
Gee die soldate nog 'n kans
Om van mortiere te vergeet
En op 'n walsmaat hier te dans

Gee hul nooiens vir geslelskap
Laat hul moeë oë weer blink
Laat hul jeug 'n wyle voortduur
Laat hul op die lewe klink

Want te kosbaar is die lewe om op oorloë te vermors
Ja, anderkant kartetse wag 'n groter, dieper dors, stroop dus die uniform haastig
Van die jongeling se rug
En laat hom weer die son voel brand
In 'n onbewolkte lug

Want te kosbaar is die lewe om op oorloë te vermors
Ja, anderkant kartetse wag 'n groter, dieper dors, stroop dus die uniform haastig
Van die jongeling se rug
En laat hom weer die son voel brand
In 'n onbewolkte lug

Ja, laat hom weer die son voel brand
In 'n onbewolkte lug
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Soldatehemel lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the envelope
2| symbol at the bottom of the suitcase
3| symbol to the right of magnifying glass
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid