song lyrics / Coenie De Villiers / Notting Hill lyrics  | FRen Français

Notting Hill lyrics

Performer Coenie De Villiers

Notting Hill song lyrics by Coenie De Villiers official

Notting Hill is a song in Afrikaans

Die lug lê laag oor Londen
Die reën tik teen die ruite
Hier binne is dit warm
Maar die wind sny koud daar buite

‘n Huis hier in die vreemde
Is klein en koud en grys
Daar’s kerse, boeke, brood en wyn
Maar in my drome is ek tuis

Hier word dit vroeg-vroeg donker
As die skemer tuis nog draal
En my pa die laaste beeste
Dalk kom toemaak in die kraal

Die hart meet afstand anders
Die verlang maak alles ver
Hier soek jy saans die Suiderkruis
Maar dit bly ‘n vreemde ster

Daar’s ‘n seeperdjie van skulpe
Wat kom uit Jeffreysbaai
En die foto van ‘n visser
Met sy bote langs die kaai

Daar’s ‘n kaartjie met ‘n Kersboom
En ‘n boodskap van my Ma
Kom huis toe, dit word somer
En daar is groete van my Pa

Afrika lê baie ver, ek mis sy halala (Halalala)
Ek mis sy warm sonskyn
Dis al wat ek voor vra (Halalala)

Afrika lê baie ver, ek mis sy halala (Halalala)
Ek mis sy warm sonskyn
Dis al wat ek voor vra (Halala)

Die son gaan hier verlore
En die lug is altyd grou
Ja, die vlaktes van die Vrystaat
Is al wat ek onthou

As die verlange my kom beetpak
Hier waar ek woon in Notting Hill
Dis nie ‘n holte vir die voet nie
Dis ‘n plek wat my verniel

Daar’s ‘n armband van krale
Wat hang in die kombuis
Dis ‘n geskenk uit Isipingo
Dit herhinner aan my huis

Ek lees Opperman en Breyten
En só sny ek die spoor
Met woorde deur die donker
Tot ek my land kan hoor

Afrika lê baie ver, ek mis sy halala (Halalala)
Ek mis sy warm sonskyn
Dis al wat ek voor vra (Halalala)

Afrika lê baie ver, ek mis sy halala (Halalala)
Ek mis sy warm sonskyn
Dis al wat ek voor vra (Halala)
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Notting Hill lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of magnifying glass
2| symbol to the right of the heart
3| symbol to the left of the star
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid