song lyrics / Coenie De Villiers / My Tafel lyrics  | FRen Français

My Tafel lyrics

Performer Coenie De Villiers

My Tafel song lyrics by Coenie De Villiers official

My Tafel is a song in Afrikaans

My tafel is van geelhout wat glim soos neutmuskaat
Hy kom uit skemer woude wat hy hoeka moes verlaat
Om plek te maak vir almal wat gereeld om hom vergader
So tafel bring geliefdes wat aansit almal nader

My tafel ken die stories wat almal kom vertel
Hier is daar geen skanse nie en min wat mense kwel
Wanneer ons by hom aansit en my pa die glase vul
Nooi hy almal, vat nou hande en word kortstondig stil

My pa bid paternoster soos net 'n pa kan bid
Ja, so vra hy die seën vir almal wat hier sit
Om 'n tafel wat nog droom van die hemel hoog daarbo
Van die winde in sy takke, want dis wat die hout steeds glo

My tafel is 'n eiland in die see van my gesin
Hy weet hoe elkeen kan ontrafel en hoe elkeen kan bemin
My tafel luister mee na die gesprekke wat ons hou
Ken die getye van ons lewens, wat ons vier en dit wat ons berou

My pa bid paternoster soos net 'n pa kan bid
Ja, so vra hy die seën vir almal wat hier sit
Om 'n tafel wat nog droom van die hemel hoog daarbo
Van die winde in sy takke, want dis wat die hout steeds glo
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for My Tafel lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of magnifying glass
2| symbol to the left of the television
3| symbol at the top of the calculator
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid