song lyrics / Coenie De Villiers / Miskien lyrics  | FRen Français

Miskien lyrics

Performers Coenie De Villiers山下洋輔

Miskien song lyrics by Coenie De Villiers official

Miskien is a song in Afrikaans

Miskien maak ek ‘n haikoe net uit klank
En bind ‘n strik van woorde om
Miskien word dit ‘n groter simfonie
Of dalk bly dit net kort en stom

Miskien, weef ek uit note ‘n kombers
En dalk, wie weet, as dit kom reën
Dra jy dit, al is dit net ‘n lied
Soos jy, is ek ook dalk alleen

Dalk stuur ek vir jou ‘n vers wat in die donker blink
Want taal wat in die swart en diepste duister klink
Is ook, al rym dit goed, tog net ‘n bietjie bang
Kan verlang

Miskien is daar ‘n kamer met ‘n spieël
‘n Kind wat stadig daarin draai
Miskien dans ons ‘n baie ou pavane
Maar word ons deur musiek verraai

Miskien is dít wat ek en jy in glo
Bloot kole in ‘n nanag vuur
Musiek en woorde, dalk die liefde self
Word leuens in hierdie laatnag uur

Miskien maak ek ‘n haikoe net uit klank
En bind ‘n strik van woorde om
Miskien word dit ‘n groter simfonie
Of dalk bly dit net kort en stom

Miskien weef ek uit note ‘n kombers
En dalk, wie weet, as dit kom reën
Dra jy dit, al is dit net ‘n lied
Soos jy, is ek ook dalk
Alleen
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Miskien lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the helmet
2| symbol to the right of the house
3| symbol at the top of the suitcase
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid