song lyrics / Coenie De Villiers / Katedraal lyrics  | FRen Français

Katedraal lyrics

Performer Coenie De Villiers

Katedraal song lyrics by Coenie De Villiers official

Katedraal is a song in Afrikaans

In my kerk is daar geen dak nie
Geen relief of skildery, geen
Kandelaar wat hoog moet hang nie
Almal kan hier toegang kry
Want my koepel is die hemel
Hoog genoeg vir al die sterre
Breed genoeg vir die planete

Hier sal jy stilte
Hier sal jy vrede
Hier sal jy rus by my
Kom kry

In my kerk is daar geen mure
Wat 'n horison beperk nie
Daar's geen deure en geen slot nie
Geen register om te merk nie
Want die berge is die suile
Waar die arende kan skuil hou
Ja, die vlaktes is vloere

Hier sal jy stilte
Hier sal jy vrede
Hier sal jy rus by my
Kom kry

In my kerk is daar geen vensters
Wat met brandglas kleure blink, geen
Nagmaal-brood wat jy moet breek of
Wyn wat iemand nog moet skink nie
Want in my kerk sien jy die kleure
In die skemer as die son sak
En die laaste wolke saampak

Hier sal jy stilte
Hier sal jy vrede
Hier sal jy rus by my
Kom kry

In my kerk is daar geen koor of
Orrel wat die rus verstoor nie
Hier vra niemand vir jou geld nie
As jy bieg sal niemand hoor nie
Want die storms is perkussie
En die wind wat nooit wil rus nie
Maak musiek met al die bome

Hier sal jy stilte
Hier sal jy vrede
Hier sal jy rus by my
Kom kry
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Katedraal lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the trash
2| symbol at the bottom of the envelope
3| symbol to the right of the star
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid