song lyrics / Coenie De Villiers / Hillbrow lyrics  | FRen Français

Hillbrow lyrics

Performers Francois Van CokeCoenie De Villiers

Hillbrow song lyrics by Coenie De Villiers official

Hillbrow is a song in Afrikaans

Ou man sit by die straatkafee
En kyk al die mense loop heen-en-weer
Boemelaars raas by die Wimpy Bar
En Fontana is oop tot laat in die aand

Kaalvoet kinders in die straat
Wys parkeerplek aan
En hou dan die hand, en hou dan die hand
Hou oop die hand, ja

En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow (Vir Hillbrow, vir Hillbrow)

In Quartz Straat hoor ek n meisie my roep
Daar's 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek
Ken ek vir Jesus, vra n man op die stoep
Tussen Hillbrow records en Estoril Books

En dis lank na twaalfuur
En die Hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag, sy seine in die nag
Sy sein vir die junkies wat wag, o

En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow (Vir Hillbrow, vir Hillbrow)

En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel
En stemme en musiek klink in elke woonstel
En ons sit in die son en drink wyn
Ons survive met 'n helse lot pyn in hierdie land, ja

Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef
Op die een wat kry wat hy vra, ja

En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow

Gee jou hart vir Hillbrow
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Hillbrow lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the cross
2| symbol at the top of the suitcase
3| symbol to the right of the bulb
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid