song lyrics / Coenie De Villiers / Hier by My lyrics  | FRen Français

Hier by My lyrics

Performer Coenie De Villiers

Hier by My song lyrics by Coenie De Villiers official

Hier by My is a song in Afrikaans

Daar is oorloë en gerugte van oorloë
Skrapnel, so word vertel, lê die wêreld vol
Die swendelaars word kwytgeskeld
Haat en nyd met haat vergeld
En die wêreld tel sy munte een vir een

Maar hier by my, my lief
Is daar skuiling teen die wind
Word ‘n grootmens weer ‘n kind
Word die wysheid weer onskuldig

Hier by my, my lief
Word die winter weer ‘n somer
Word die mens desnoods ‘n dromer
Wat die landskap van die hart oplaas verken

Daar is veldslae sonder oorsaak, sonder rede
‘n Wêreld wat verslae deur die lang nag waak
Maar die môre bring weer nuwe leed
Want die vrede is reeds lank vergeet
Ja, die wêreld tel sy munte een vir een

Maar hier by my, my lief
Is daar skuiling teen die wind
Word ‘n grootmens weer ‘n kind
Word die wysheid weer onskuldig

Hier by my, my lief
Word die winter weer ‘n somer
Word die mens desnoods ‘n dromer
Wat die landskap van die hart oplaas verken

Want die stryd het die beleid geword
Die credo van ons tyd geword
Wees gewapen, wees gepanser, wees paraat
Wees paraat, wees paraat

Maar hier by my, my lief
Is daar skuiling teen die wind
Word ‘n grootmens weer ‘n kind
Word die wysheid weer onskuldig

Hier by my, my lief
Word die winter weer ‘n somer
Word die mens desnoods ‘n dromer
Wat die landskap van die hart oplaas verken
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Hier by My lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the thumbs up
2| symbol to the left of the padlock
3| symbol at the bottom of the star
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid