song lyrics / Coenie De Villiers / Hart Van Glas lyrics  | FRen Français

Hart Van Glas lyrics

Performer Coenie De Villiers

Hart Van Glas song lyrics by Coenie De Villiers official

Hart Van Glas is a song in Afrikaans

My huis is nie ‘n plek nie
‘n Kamer of ‘n land nie
My huis het nie ‘n tuin nie
‘n Dak of selfs ‘n deur nie

My huis is waar my kinders is
Ek is tuis as ek kan weet
Waar elkeen hom of haar bevind
Dis al wat ek moet weet

Ek loop in my pa se skoene
Ek loop in my pa se jas
En ek weet na soveel jare
‘n Pa het ‘n hart van glas

‘n Pa het lief maar onvolmaak
Dis dikwels krom en skeef
En al gebeur dit veels te laat
Kom sy liefde
Tog op dreef

My huis het geen adres nie
Geen straat of pos restant nie
Geen lig in donker vensters nie
Geen nommer op die hek nie

Want my huis is waar my kinders is
Ek is tuis as ek kan weet
Waar elkeen hom of haar bevind
Dis al wat ek moet weet

Want ek loop in my pa se skoene
Ek loop in my pa se jas
En ek weet na soveel jare
‘n Pa het ‘n hart van glas

‘n Pa het lief maar onvolmaak
Dis dikwels krom en skeef
En al gebeur dit veels te laat
Kom sy liefde
Tog op dreef

Want ek loop in my pa se skoene
Ek loop in my pa se jas
En ek weet na soveel jare
‘n Pa het ‘n hart van glas

‘n Pa het lief maar onvolmaak
Dis dikwels krom en skeef
En al gebeur dit veels te laat
Kom sy liefde
Tog op dreef
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Hart Van Glas lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the television
2| symbol to the right of the calculator
3| symbol to the left of magnifying glass
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid