song lyrics / Coenie De Villiers / Flamenca lyrics  | FRen Français

Flamenca lyrics

Performers Coenie De VilliersCh2

Flamenca song lyrics by Coenie De Villiers official

Flamenca is a song in Afrikaans

Langs ‘n steeg in ou Valencia
Aan die sonkant van die straat
Is ‘n kroeg wat laataand oopmaak, waar mens drink en mens kan praat

Daar is kerse op die tafel
Wyn in elke glas
Hulle voel antisipasie
Hulle weet sy gaan verras

Almal wag gespanne op haar koms om kwart oor tien
Hulle’s hier om haar ontwil om die flamenco weer te sien
Om te hoor hoe klop haar hakke
‘n Ritme op die vloer waar sy die volgepakte kroeg
In ekstase mee kan voer

Die vuur in die flamenco, die vlam in haar kitaar
Die hitte van die stiergeveg, die corrida se gevaar
Die klap van kastanjette en ‘n son wat bloedig brand
Oor haar hare ‘n mantilla van handgeweefte kant
Sy hou my so gevange terwyl sy om die tafel dans
Laat my glo sy sien my raak
Laat my glo ek staan ‘n kans

Die kurwes van haar lyf is gehul in swart tafsy in die applous wat sy ontketen
Kan jy hoor sy word beny vir die passie in haar oë
Vir haar soepel lyf wat fier deur die pas van die flamenco
Herinner aan die stier

Wat moedig teen die matador, die stryd oplaas verloor
En ‘n swaard getooi met blomme, sy edel hart deurboor
Die laaste note eindig in ‘n crescendo van kitaar
Al ken hul die flamenco, glo hul die dans is waar

Die vuur in die flamenco, die vlam in haar kitaar
Die hitte van die stiergeveg, die corrida se gevaar
Die klap van kastanjette en ‘n son wat bloedig brand
Oor haar hare ‘n mantilla van handgeweefte kant
Sy hou my so gevange terwyl sy om die tafel dans
Laat my glo sy sien my raak
Laat my glo ek staan ‘n kans

Die vuur in die flamenco, die vlam in haar kitaar
Die hitte van die stiergeveg, die corrida se gevaar
Die klap van kastanjette en ‘n son wat bloedig brand
Oor haar hare ‘n mantilla van handgeweefte kant
Sy hou my so gevange terwyl sy om die tafel dans
Laat my glo sy sien my raak
Laat my glo ek staan ‘n kans
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Flamenca lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the camera
2| symbol to the left of the smiley
3| symbol at the bottom of the suitcase
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid