song lyrics / Coenie De Villiers / Die Kers lyrics  | FRen Français

Die Kers lyrics

Performer Coenie De Villiers

Die Kers song lyrics by Coenie De Villiers official

Die Kers is a song in Afrikaans

Ek veg teen die donker
Maak kapsie teen die nag
Al is die duister groter
As wat 'n kers verwag

My enkel vlam is sterker
As al die donker saam
My lig brand soveel blinker
As wat 'n kers betaan

Ek stuur my lig die donker in
Dis al wat ek kan gee
Al maak dit net 'n klein verskil
Word die duisternis verleë

Al is ek onbenullig
Bly ek altyd deur bewus
Dat die ewigheid se nagte
Veg om die vlam te blus

Ek is 'n bietjie soos die liefde
My lig bly altyd lig
Alles is al die donker ook hoe donker
'n Kersvlam ken sy plig

Ja, ek is 'n bietjie soos die liefde
Dis moeilik om te peil
Hoe jy by iets so broos en kwesbaar
Teen die donkerte kan skuil

Want teen middernag, die diepste uur
Brand my lig oneindig helder
Ek wis die spoor van donker uit
Hier in die nag se kelder

As alles om jou stil word
En jy jou spoke kan gewaar
As middernag jou dalk bekruip
Is 'n kerslig steeds daar

Ek is 'n bietjie soos die liefde
My lig bly altyd lig
Alles is al die donker ook hoe donker
'n Kersvlam ken sy plig

Ja, ek is 'n bietjie soos die liefde
Dis moeilik om te peil
Hoe jy by iets so broos en kwesbaar
Teen die donkerte kan skuil
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Die Kers lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the bulb
2| symbol to the left of the cloud
3| symbol at the bottom of magnifying glass
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid