song lyrics / Coenie De Villiers / Die Jagtog lyrics  | FRen Français

Die Jagtog lyrics

Performers Coenie De VilliersDizu PlaatjiesMandla LandeMichael Ludonga

Die Jagtog song lyrics by Coenie De Villiers official

Die Jagtog is a song in Afrikaans

My pa was 'n jagter
Hy was 'n man van staal
Daar was krag in elke spier, hy kon die rigting van 'n dier, soos 'n Nimrod op die wind bepaal

Soos die jagter van ouds
Het hy die spoor gesny
En sekuur deur die veld soos 'n ariese held, het my pa op die spoor gebly

Om Afrikaner te wees
'n Boer uit een stuk
Was die wil van bo, so het Pa geglo, dit was meer as net blote geluk

Moenie vrees nie my seun (Moenie vrees nie my seun)
Jy kom jou vel te na (Jy kom jou vel te na)
Jy is boer in murg en been
Wat meer kan jy vra

Ons het een dag gaan jag
Net ek en my pa
Met die geweer teen sy skouer was hy wyser, was hy ouer, hy was meer as wat 'n seun kon vra

So skuins na drie
Het hy 'n blesbok gekwes
Ons het die bloedspoor gesny langs die heuwels verby en later het ons noord, noord-wes ons

Gewonde prooi gevolg
Tot diep in die bos
Waar die laatmiddagson soos net die laeveld kon, skadu's tussen bome los

Moenie vrees nie my seun (Moenie vrees nie my seun)
Jy kom jou vel te na (Jy kom jou vel te na)
Jy is boer in murg en been
Wat meer kan jy vra

Maar skielik was ek bang
Want in my hart het ek geweet
Ons het rigting verloor, ons was af van die spoor
Pa het die pad huis toe vergeet

Ja, skielik was ek bang
Al was dit moeilik om te glo
Dat my pa kon verdwaal, dat my pa ook kon faal, maar miskien voel baie kinders tog so

Moenie vrees nie my seun (Moenie vrees nie my seun)
Jy kom jou vel te na (Jy kom jou vel te na)
Jy is boer in murg en been
Wat meer kan jy vra
Wat meer kan jy vra
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Die Jagtog lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the eye
2| symbol at the top of the bulb
3| symbol at the top of the helmet
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid