song lyrics / Coenie De Villiers / Alleenloper lyrics  | FRen Français

Alleenloper lyrics

Performer Coenie De Villiers

Alleenloper song lyrics by Coenie De Villiers official

Alleenloper is a song in Afrikaans

Soggens staan sy op en maak dan roosterbrood en tee
Eet staan-staan by die venster voor sy die potplant water gee
Sy sluit die deur noukeurig
Maar die posbus bly steeds leeg
Daar’s ’n herfswind in die strate
Dit word reeds winter in die steeg

Haar lessenaar is netjies
Daar’s net ’n nommer op die deur
Sy doen nougeset haar werk
Daar is min hier wat haar steur

Die nag is barmhartig
Hy kan geheime goed verbloem
Al die dinge waaroor mense jou in die lig verdoem
Die waarheid wat sy wegsteek
Die geraamte in haar kas
Is toegevou in sneespapier, dis die trourok in haar tas

’n Skyfiemaan hang oor die stad
Die Skepper knip ’n nael
Die deernis van die donker beskerm haar verhaal

Haar middagete eet sy
Op ’n bankie in die park
Sy voer die duiwe wat bly fladder voor die man wat blare hark

Vanaand maak sy ’n bordjie sop wat sy dan voor die TV eet
Daar’s niemand wat haar pla nie
Daar is min wat van haar weet

Haar nagroom ruik na rose
Sy doof die lig om kwart voor tien
Dink die enkelbed waarin sy lê is al wat sy verdien

Die nag is barmhartig
Hy kan geheime goed verbloem
Al die dinge waaroor mense jou in die lig verdoem
Die waarheid wat sy wegsteek
Die geraamte in haar kas
Is toegevou in sneespapier, daar's die trourok in haar tas

’n Skyfiemaan hang oor die stad
Die Skepper knip ’n nael
Die deernis van die donker beskerm haar verhaal
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Alleenloper lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the envelope
2| symbol to the left of the thumbs up
3| symbol to the left of the clock
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid