song lyrics / Anton Goosen / Swart Water (Die Vloek Van Boontjieskraal) lyrics  | FRen Français

Swart Water (Die Vloek Van Boontjieskraal) lyrics

Performer Anton Goosen

Swart Water (Die Vloek Van Boontjieskraal) song lyrics by Anton Goosen official

Swart Water (Die Vloek Van Boontjieskraal) is a song in Afrikaans

Swart water, swart water
Onder by die Swart rivier
Die vloek van Boontjieskraal
Wat al baie jare duur

Swart water, swart water
Stille water diepe grond
Onder draai die duiwel
Vir al te lekker rond
Ja, onder draai die duiwel
Vir al te lekker rond in swart water

In die Overberg lê Boontjieskraal
Aan die Swart rivier
Met wit gekalkte mure wat die opstal mooi versier
En snags is daar 'n kinderkoor en 'n vrou wat saggies sing
Die vloek van Boontjieskraal wat vier geslagte onderbring

Boontjieskraal lank gelede was die Swart rivier in vloed
En die kysie mense het in die opstal
Ewe mooi kom groet
Net skuiling vir die nag meneer
Kyk hoe erg lyk hierdie weer
Ons sal nooit hierdeur kan trek nie
Die water gaan ons mee sleep

Swart water, swart water
Onder by die Swart rivier
Die vloek van Boontjieskraal
Wat al baie jare duur

Swart water, swart water
Stille water diepe grond
Onder draai die duiwel
Al te lekker rond
Ja, onder draai die duiwel
Vir al te lekker rond in swart water

Eienaar was onverbiddelik
Skud sy kop en hy sê nee
Asseblief meneer, asseblief
Vra die reisiger weer 'n keer

Weg hier van my werf af
Sit jou hoed op jy moet skoert
Slaan ek die deur in sy gesig toe
Sonder om eers te groet

Buite was dit onweer, die rivier in volle vloed
Die reisigers durf die water aan
Dit bruis en maal en woed
Die kapkar en die perde sink
En sy familie wat verdrink
En die reisiger skree en sê rou verdriet
Boontjieskraal se vloek

Swart water, swart water
Onder by die Swart rivier
Die vloek van Boontjieskraal
Wat al baie jare duur

Swart water, swart water
Stille water diepe grond
Onder draai die duiwel
Maal al te lekker rond
Ja, onder draai die duiwel
Maar al te lekker rond in swart water
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Swart Water (Die Vloek Van Boontjieskraal) lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of magnifying glass
2| symbol at the top of the helmet
3| symbol at the bottom of the suitcase
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid