song lyrics / Anton Goosen / Die Kaap Is Weer Hollands lyrics  | FRen Français

Die Kaap Is Weer Hollands lyrics

Performer Anton Goosen

Die Kaap Is Weer Hollands song lyrics by Anton Goosen official

Die Kaap Is Weer Hollands is a song in Afrikaans

Die Kaap is weer Hollands, daar's 'n nuwe goewerneur
Dis 1803 in die kasteel in ou Kaapstad
En al langs die trappies loop Lady Ann Barnard
Vanaand hou sy weer 'n bal in die Kat
Minuet in allegretto almal uitgevat

Die Kaap is weer Hollands en die koetswiele rol
En flink draf die slawe om almal te verwelkom en die mans is so spog'rig, spierwit gepoeier
Die dames praat Frans, al is dit ook krom
Minuet in allegretto en die strykkwartet kom

Nou is die Kaap weer Hollands
Dis die betaaf se vlag wat waai
Nou is die Kaap weer Hollands
Van Graaff-Reinet tot in Tafelbaai

Die Kaap is weer Hollands van die binneland af kom hy
'n Veer in sy hoed, voor die kasteel in ou Kaapstad
Die burger se veldskoen flap-flap oor die trappies
En hy stap reguit aan tot binne-in die Kat
Minuet in allegretto almal uitgevat

Die Kaap is weer Hollands en die burgers stap nader
Dis 1803, hy stap nader en sien haar
Met 'n swaai van sy hand is sy witkoppie nonna
Terug op sy perd en die langpad wag klaar
Minuet in allegretto in die vertes bedaar

Nou is die Kaap weer Hollands
Dis die betaaf se vlag wat waai
Nou is die Kaap weer Hollands
Van Graaff-Reinet tot in Tafelbaai

Nou is die Kaap weer Hollands
Dis die betaaf se vlag wat waai
Nou is die Kaap weer Hollands
Van Graaff-Reinet tot in Tafelbaai

Van Graaff-Reinet tot in Tafelbaai
Minuet in allegretto en sy landgoed wag daar
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Die Kaap Is Weer Hollands lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the helmet
2| symbol at the bottom of the cloud
3| symbol at the bottom of the bulb
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid