song lyrics / Anton Goosen / Begrafnistyd In Zeerust lyrics  | FRen Français

Begrafnistyd In Zeerust lyrics

Performer Anton Goosen

Begrafnistyd In Zeerust song lyrics by Anton Goosen official

Begrafnistyd In Zeerust is a song in Afrikaans

Dis begrafnistyd in Zeerust, ons oom Willem is toe heen
Voor die takkantoor van die ondernemer staan 'n hordes spul en ween
Dis begrafnistyd in Zeerust en die stoet stap stadig aan
Na die moederkerk in Kerkstraat selfs die as boy knip 'n traan

En die diens is so langdradig, elke sitplek vol gepak
Die vrouens met gehuilde oë en die mans se gesigte strak
En ons hoor weer van sy dade, 'n staatsman vir die uur
Sy liefde vir sy vaderland, sy volk en sy kultuur

Dis begrafnistyd in Zeerust en die diens staan einde toe
Dominee sê og, stof tot stof, aanstap begrafplaas toe
Net toe roep 'n stem van agter van oom Willem se prokureur
Ah-nee-a, sy testament moet eers oopgemaak word, so wou oom Willem dit mos laat gebeur

Die begrafnis stoet in Zeerust almal tot in murg is deur
Maar die wetsman hou hom by sy punt, dis wettig en so gaan dit gebeur
En hy hou summier die brief omhoog en lees dat almal hoor
'n Skokte stilte trek net soos 'n velbrand oor elke oor

En so skryf oom Willem
Wag net 'n bietjie liewe vrinne hier van my
Gaan gou eers na die stadsaal vir 'n opskop boere party
Ek wil nie trane sien of hoor nie, wees vrolik en wees bly
Vier fees en hou makietie en dink dan so aan my

Dis begrafnistyd in Zeerust, opgewekte stoet stap fris
En vrolik hop oom Willem saam en glimlag in sy kis
By die stadsaal daar in Zeerust is die pannekoek al klaar
Koeksisters en die gemmerbier, kosertina en die kitaar

Wag net 'n bietjie liewe vrinne hier van my
Gaan gou eers na die stadsaal vir 'n opskop boere party
Ek wil nie trane sien of hoor nie, wees vrolik en wees bly
Vier fees en hou makietie en dink dan so aan my
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Begrafnistyd In Zeerust lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the suitcase
2| symbol to the left of the star
3| symbol at the bottom of the smiley
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid