song lyrics / Anton Goosen / 'N Brief Vir Simone lyrics  | FRen Français

'N Brief Vir Simone lyrics

Performer Anton Goosen

'N Brief Vir Simone song lyrics by Anton Goosen official

'N Brief Vir Simone is a song in Afrikaans

Ver onder my druis die stadsgeluide
Die hart van Hillbrow wat flink aanstap
Straatpredikante
En die Hare Krisjna profete

Groot rooi bus
Snork verby
Die laataand koerantverkopertjie skree
En die meganiese
Grammadoela-oerwoud

Hysbakke gly op en af
Blitspatrollie skeur deur die nag
En ek sit op die Hillbrowtoring en wag vir sonop en skryf 'n brief vir Simone

Ek wil jou hê
Simone
Ek wil jou hê
Simone
Ek wil jou hê

O my Simone

Die meisies van die aand wink
'n Straatmusikant se hoed lê honger en wag
Op silwermunte van die verbygangers
Op te vang

'n Blinde met 'n wit stok strompel
Maar die kunsgallery se gaste sien hom nie
Hul oë volg die arties
Se Art Nouveau

Later dra 'n digter voor
TS Elliot, maar hy versmoor die kuns
En ek sit op die Hillbrowtoring ek wag vir sonop en skryf 'n brief vir Simone

En ek wil jou hê
Simone
Ek wil jou hê
Simone
Ek wil jou hê

O my Simone
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.
Writer: Anton Goosen
Copyright: Sony/ATV Music Publishing LLC

Comments for 'N Brief Vir Simone lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the cloud
2| symbol at the bottom of the eye
3| symbol at the top of the house
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid