song lyrics / Neil Sandilands / Huistoe lyrics  | FRen Français

Huistoe lyrics

Performer Neil Sandilands

Huistoe song lyrics by Neil Sandilands official

Huistoe is a song in Afrikaans

By Giza in Egipte kyk Josef in die lens
Die poskaart na die Wes-Transvaal
verwoord sy diepste wens
cs die oorlog eers verby is
en die waansin van die mens
Klim ek weer Magaliesberg
Skitterblink sikspens.

Ek kom huistoe
Ek kom huistoe
Ek weet hoe om 'n tenk te dryf
Ek weet hoe om my naam te skryf
Ek kom huistoe

Kaapkruis een Desember
op die bopunt van 'n duin
Die branders en die trane rol oor die sellulêre sein
Godsverskroeide aarde
en 'n man se hart in puin
Enkel stotterwoorde
wat betekenis basuin

Ek kom huistoe
Ek kom huistoe
Miskien het ek te veel gesien
Miskien het ek dit als verdien
Ek kom huistoe

In die Stille Oseaan se kleinste ver eiland
Daar waar die pad ophou
op Kauai se verste strand
Verder kan 'n man dan nie,
jy's by die verste wand
Ver van wie jou lief is, ver van hierdie land

Ek kom huistoe
Ek kom huistoe
Ek bring vir jou my ope hand
Ek bring jou my verstand
Ek kom huistoe

Jona, seun van cmittae in die stad van Nineve
'n Walvis het hom ingesluk, so lui mitologie
cs jy ooit by daai pad kom,
moenie huiwer nie
Van jouself kan jy nie weghol nie,
dis ware woorde dié

Ek kom huistoe
Ek kom huistoe
Miskien het ek dit als verbeel,
Filistyne het die land gesteel
Ek kom huistoe
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Huistoe lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the cloud
2| symbol at the bottom of the television
3| symbol at the bottom of the suitcase
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid