paroles de chanson / Retief Burger parole / Dans, Dans, Dans lyrics  | ENin English

Paroles de Dans, Dans, Dans

Interprète Retief Burger

Paroles de la chanson Dans, Dans, Dans par Retief Burger lyrics officiel

Dans, Dans, Dans est une chanson en Afrikaans

In die skadu van die sekelmaan
Staan ons klein in die Groot Karoo
Waar die Suiderkruis ons weer kom wys
Daar is meer om in te glo

Dit was hier waar ons mekaar sou vind
Daar in die stof toe die druppels val
Ek was vas oortuig, my knieë sou hou
Ek dog ek staan nog, toe lê ek al

Dans, dans, dans op die ritme van die reën
My voete ken die trap as die vlaktes begin dreun
Jy, jy, jy het sowaar my hart kom steel
In die Groot Karoo sommer so

Saam met jou wil ek tot laataand lag
En een vir een al die sterre tel
Tot die dag weer breek op die horison
Om ons storie nog verder te vertel

Dans, dans, dans op die ritme van die reën
My voete ken die trap as die vlaktes begin dreun
Jy, jy, jy het sowaar my hart kom steel
In die Groot Karoo sommer so

Dis hier waar al ons vrees verdwyn
En ons weer onsself kan vind
Waar ons saam die toekoms in kan dans
Met die lag en vryheid van 'n kind

Dans, dans, dans op die ritme van die reën
Ons voete ken die trap as die vlaktes begin dreun
Jy, jy, jy het sowaar my hart kom steel
In die Groot Karoo

Dans, dans, dans op die ritme van die reën
Ons voete ken die trap as die vlaktes begin dreun
Jy, jy, jy het sowaar my hart kom steel
In die Groot Karoo
In die Groot Karoo
In die Groot Karoo sommer so
Sommer so
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Dans, Dans, Dans

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du pouce en l'air
2| symbole en haut de l'enveloppe
3| symbole en haut du casque
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid